vaarwel

Vir die eerste keer vandat ek begin blog het, weet ek wat ek wil skryf en wil sê, maar die woorde om te begin ontbreek.

Soos van julle weet het ek en Witvos op 6 Januarie so ligte onderonsie gehad. Ek het effe mank en met 2 ure wat plaasgevind het maar nie in my brein registreer nie wonderbaarlik van die onderonsie weggestap. Witvos was nie so gelukkig nie.

Maar kom ons begin by die begin. Voor die skole begin en almal se program in erns afskop wou ons bietjie net ‘n vinnige wegbrekie vat op die stofskoeters. Die plan is gebore om Beaverlac toe te gaan vir die aand en middag-ete sou plaasvind by Elandsbaai Hotel. Die storie loop dat jy daar van die beste vis en chips of rib en chips kan eet. Of die gerugte waar is, weet ek tot vandag toe nie. Ek het myself ook voorgeneem om nie uit te vind nie. Wel met my volgende fiets wat ek koop soontoe te ry en met die groepie vriende waarmee ons die trip aangepak het dit klaarmaak. Beaverlac die lot.

Ons, menende ek, Chris, Ettiene, Wikkels en Clinton het vroeg die Saterdag bymekaar gekom en koers gekies. Ons het gaan kyk hoe lyk Kalbaskraal en vandaar Malmesbury, gestop vir ‘n foto en toe N7 langs gery rigting Moorreesburg. Voor Moorreesburg grondpad afgedraai wat ons weer uitgespoeg het by die Hopefield pad.

Langs die pad het ons gestop vir koffie. Almal was in ‘n goeie luim en dinge het mooi vlot verloop. Ons het gery tot by Hopefield en regs gedraai rigting Velddrif. Dis ook heelpad teer en naby die silos het ek die afdraai wat die GPS gewys het verbygery. Ek het afgetrek en omgedraai en die grondpad toe gevat. Pleks ek reguit aangehou het.

Hierdie pad sou toe uiteindelik my Achilles heel wees. Die eerste gedeelte van die pad is erg sinkplaat, dit sit later om in sand, sinkplaat en los klippies.

Lang storie kort het  die fiets op die pad begin snake. Ek het als wat ek tot dusver geleer het begin toepas. Fiets in die pad gehou vir nog ‘n paar kilometer en toe het ek die stryd verloor. Een van my grootste vrese is dat iemand val op ‘n trip wat ek reël. Elke aand as ons almal veilig op ons bestemming aankom sê ek dankie vir nog ‘n dag wat die Vader ons veilig bewaar het.

Daar is manne wat spot dat ‘n GS staan vir Geen Sand. Ek is geneig om saam te stem. Maar, met die regte jockey is enige fiets tot enige iets instaat.

Van ek geval het, het daar 2 ure verloop tot ek in die hospitaal was. Van hierdie 2 ure kan ek seker so 15min onthou. Die res het gebeur rondom my sonder dat ek enige iets kan onthou. Na my val met my terug by die huis, goed blou en ‘n stukkende fiets in die garage was ek kwaad. BITTER kwaad.  Die mense om my het gesê ek is gelukkig, maar hel weet, ek het glad nie gelukkig gevoel nie. Daar word vir jou gesê dis wêreldsgoed, dit kan vervang word, maar ‘n lewe kan nie vervang word nie. Mens hoor al hierdie goed maar dit sink nie werklik in nie.

Die ongeluk het nêrens eintlik emosioneel ‘n impak op my gemaak nie. Ek was moerig oor my fiets ja, maar dis dit. Woensdag-aand na Fiela se eerste dag by die skool, gaan sit ek die aand voor ek gaan slaap sommer op die bank. Sit en kyk TV en dink sommer aan die dag se gebeure. Die impak van wat met my gebeur het slaan my toe eers. Ek kon heel moontlik nog in die hospitaal gelê het en glad nie eers vir Fiela kon bye sê by die skool nie. Hel ek kon glad nie eers meer hier gewees het nie. As jy vat dat ek my neckbrace stukkend geval het kan julle dalk verstaan hoe hard ek geval het.

Ek dink omdat ek ‘n skrywer is, staan ek terug en bekyk bietjie dinge vanuit ‘n ander perspektief. Sondag het ek gaan kyk waar ek geval het, hoe dit daar lyk ens. Want die goed puzzle my. Hoekom het ek geval? Wat was die rede? Was die pad dan so sleg? etc etc etc. I needed to silence my demons.

Sondag oggend in die kerk sit ons en Ettiene kom ingestap. Net daar weet ek dat ek moet teruggaan. Daar na waar ek geval het. Net na kerk sê ek vir Chantelle, sy en Fiela moet klim ek wil ry.

Oppad soontoe speel ek die toneel deur my kop. Waar ons gestop het, fotos wat ons geneem het etc. Terug by die ongeluk-site speel ek als weer deur my brein. I did what I could.

Ek het die hoofstuk gaan afsluit maar die boek is nog nie toe nie. Die res van die dag het ons langs die see spandeer en saam met Fiela in die water baljaar.

Vanmôre sit ek en Chris buite en drink koffie. Procurement meeting soos hy dit noem. Hy deel my mee dat sy skoonpa die vorige aand oorlede is. Ek kyk hom so en sê ons moet teruggaan en daardie trip gaan klaarmaak.  Sy woorde terug aan my: We must finish what we started. Ons weet nie wanneer ons tyd hier op aarde verby is nie. Myne kon op 37 jarige ouderdom gestop het. But, my work here is not done.

Intussen vra baie mense vir my of ek weer ‘n fiets gaan koop. Die antwoord is ja. Maar dis gevaarlik is wat ek hoor. Ek weet is my antwoord. Dis gevaarlik om te rook ook, te drink en bestuur, deesdae is dit gevaarlik om in jou kar mall toe te ry.

Life is all about risks. Bike-ry is ‘n calculated risk. Ja dis gevaarlik. Dit gaan my nie stop om te ry nie. Dis wie ek is.

As mens ‘n biker is, verstaan jy dat ‘n bike ‘n verlengstuk van jou persoonlikheid is. Van wie jy is. Vandag, 24 Januarie 2018 om 12:44 is Witvos vir die laaste keer uit my garage. Toe ek die garagedeur toetrek en na die lee spasie kyk, het die emosies ingeskop. My ma het tereg gese dat dit wêreldsgoed is en vervang kan word. ‘n Lewe kan nie vervang word nie.

Sulke drastiese gebeure laat mens bietjie nadink, anders kyk na goed. Jou lewe weer onder ‘n vergrootglas sit. Ek is dankbaar vir my gesin, my familie, my vriende en my werk. Die God wat ons dien is werklik groot en het ‘n plan met ons elkeen se lewe. Op skool nog, het my ma my ‘n spreekwoord of 2 geleer: Wys my jou vriende en ek wys jou jouself, en aan jou vriende sal jy geken word.

In 2018 het ek vriendskappe in heroorweging geneem. Sommige subtiel beeindig en van ander net weggestap. In kort, die handjie-vol vriende wat ek saamvat in en deur 2018, is mense met wie ek vereenselwig. Mense wat, letterlik met die val van ‘n motorfiets, als los en in hulle kar spring en my kom haal. Daniel, dit het verseker nie ongesiens verbygegaan nie. So weet ek dat elkeen van my ander vriende presies dieselfde sou doen en ek glo hulle weet ook as hulle in die moeilikheid is, ek net ‘n oproep weg is.

Witvos is weg. Ek nie, die een hoofstuk, gaan nie die trant van my lewensboek bepaal nie. Dit gaan my net aanspoor om sterker terug te kom.

Soos ek vir Chris gesê het, Elandsbaai se hoofstuk is nog nie afgehandel nie. Sodra ek my nuwe fiets het, gaan ek saam met dieselfde groepie mense terug om daardie trip klaar te maak.

Matewis uit

“See You Again”
(feat. Charlie Puth)

[Charlie Puth:]
It’s been a long day without you, my friend
And I’ll tell you all about it when I see you again
We’ve come a long way from where we began
Oh, I’ll tell you all about it when I see you again
When I see you again
(Hey)

[Wiz Khalifa:]
Damn, who knew?
All the planes we flew
Good things we’ve been through
That I’ll be standing right here talking to you
‘Bout another path
I know we loved to hit the road and laugh
But something told me that it wouldn’t last
Had to switch up
Look at things different, see the bigger picture
Those were the days
Hard work forever pays
Now I see you in a better place (see you in a better place)

Uh
How can we not talk about family when family’s all that we got?
Everything I went through you were standing there by my side
And now you gon’ be with me for the last ride

[Charlie Puth:]
It’s been a long day without you, my friend
And I’ll tell you all about it when I see you again (I see you again)
We’ve come a long way (yeah, we came a long way) from where we began (you know we started)
Oh, I’ll tell you all about it when I see you again (let me tell you)
When I see you again

(Aah oh, aah oh
Wooooh-oh-oh-oh-oh-oh)
Yeah

[Wiz Khalifa:]
First you both go out your way
And the vibe is feeling strong
And what’s small turn to a friendship
A friendship turn to a bond
And that bond will never be broken
The love will never get lost (and the love will never get lost)
And when brotherhood come first
Then the line will never be crossed
Established it on our own
When that line had to be drawn
And that line is what we reach
So remember me when I’m gone (remember me when I’m gone)

How can we not talk about family when family’s all that we got?
Everything I went through you were standing there by my side
And now you gon’ be with me for the last ride

[Charlie Puth:]
So let the light guide your way, yeah
Hold every memory as you go
And every road you take, will always lead you home, home

It’s been a long day without you, my friend
And I’ll tell you all about it when I see you again
We’ve come a long way from where we began
Oh, I’ll tell you all about it when I see you again
When I see you again

(Aah oh)
(Uh)
(Aah oh)
(Yeah)
(Wooooh-oh-oh-oh-oh-oh)
(Ya, ya)
When I see you again
(Uh)
See you again
(Wooooh-oh-oh-oh-oh-oh)
(Yeah, yeah, uh-huh)
When I see you again

Advertisements

Verjaardag Vryheid

Ultimate_HDR_Camera_20171128_085335It’s been a while. Maar ek glo dat as jy nie uit die hart skryf nie, dan moet jy nie skryf nie.

Dus het ek so bietjie ‘n breuk gevat. So paar dae terug het ek ‘n volle 37 geraak. Nou ja, die 40’s begin nou ‘n realiteit raak.

Op die drumpel van die begin van my 37ste lewensjaar het ek besluit om die dag verlof in te sit. Klink dalk heel maklik maar as jy in ag neem dat ek in die middel van een van my besigste tye van die jaar is, bietjie dom eintlik. MAAR, man moet net kan organise!

Met als gereel en verlof goedgekeur het ek so bietjie sit en droom oor my roete. Die roete het toe eintlik homself bepaal soos ek gery het. Het wel geweet ek wil Macassar toe ry en vandaar al teen die see af Kalkbaai toe. Hierdie stukkie pad wat so reg teen die see loop het ‘n sekere bekoring.

Die Kaapse Sedoos het gewaai dat dit klap. Maar wind gaan my nie weghou om so bietjie die hare los te maak nie.

Ultimate_HDR_Camera_20171128_085348Ultimate_HDR_Camera_20171128_085357Ultimate_HDR_Camera_20171128_085406

Vinnige stop langs die pad vir ‘n foto en ek het die wind trotseer tot by Lekker!! Ek het so semi verlief geraak op die plekkie met sy lekker vibe. Ek laasjaar het ons ook hier vasgehaak en ietsie geeet. Hulle Mushroom Poached Eggs is out of this world. Lekker cappucino later het ek weer opgesaal en die plan was om al teen die kus langs te ry. Die planne het sommer 50m verder ‘n vinnige dood gesterf. Padwerke! Boyes Drive was die naaste en eerste “escape route” en toe ook een van die mooiste.

Vandaar het ek teruggeklim op die M3 en al die pad terug gery sodat ek daai lekker paadjie al deur die bome kan ry tot by Constantia nek. Ek love die paadjie want dis so half beskermd, die fiets se klank weergalm so en die draaie? Mmmmmmmm! Oor die nek en deur Houtbaai, verby Llandudno en 12 Apostles het ek eers gestop vir ‘n foto en video van hoe die wolke oor die berg se rand spoel.

20171128_105201_HDR_Film7Ultimate_HDR_Camera_20171128_105223Ultimate_HDR_Camera_20171128_10524320171128_110130_HDR_Film7

Deur Clifton het ek omgekyk en gesien die kabelkar loop. Nou ek is maar ‘n sucker vir ‘n special. En op jou verjaarsdag kan mens verniet berg-uit. Lady Luck was toe nie aan my kant nie. Die kabelkar het geloop, maar nie met besoekers nie. Ek het verbygehou met die pad en halfpad bo die stad gestop en paar fotos geneem.

Ultimate_HDR_Camera_20171128_103224Ultimate_HDR_Camera_20171128_112616Ultimate_HDR_Camera_20171128_113620Ultimate_HDR_Camera_20171128_11363220171128_113649_HDR_Film7

 

Die plan was om Chantelle later by Doodles te kry vir middagete. Ek is deur die stad en het sommer koers gekies Flying Brick toe. Dis een van daardie winkels waar mens eerder wegbly. En as jy gaan, los jou beursie by die huis. Chris het een van die beste winkels opgebou om jou motorfiets te kit vir enige toer.

Vinnig deur Flying Brick geloop het ek so stadig begin koers kies Blouberg toe. Die spoedbeperking is 60km/h. Aangesien ek weet hulle het kameras in die rondte het ek in die linkerbaan my spoed gehou. Sal daar nou wragtie ‘n vrou in ‘n Touareg agter my kom sit en haar toeter druk. Ek het maar my spoed gehou. Toe sy die 2de keer die toeter druk het ek beleefd omgekyk. Sy het gesien sy moet maar haar hande van die toeter afhou. Ek het in rus en vrede verder gery. In Blouberg kon jy duidelik sien die wind waai. Die kites was uit en op die see.

By Doodles het ek Witvos maar agter die muur gaan wegsteek. Die wind sou hom sweerlik omgewaai het. Ek het rustig gaan sit en wag vir Chantelle en solank ‘n Kaptein bestel. Met haar aankoms het ons ietsie bestel om te eet. My foon se battery was ook na die besige oggend besig om die gees te gee. So tussendeur die bikery het ek nog e-mails gestuur dat dit klap. Ek het actually geen oproepe ge-antwoord deur die loop van die dag nie.

Soms is dit baie bevrydend om ‘n bietjie tyd af te vat van als. Ek het weer tyd gehad om te “cruise”. Die wereld te sit en bekyk vanuit my helmet. Die wind op my gesig te voel, af en toe ‘n sandkorrel uit my oog te vryf. Na die ete het ons sommer so draai met die kar gery sodat my foon bietjie kan charge. Ja ek moet my hele charging stelsel op my fiets nou klaarmaak(dis op die agenda vir komende naweek). Terug by Witvos het ek totsiens gese en koers gekies na die N7 toe. Van hier het ek die Zone 7 afdraai gevat, verby Capaia. Ek sien toe die bordjie Kalbaskraal.  Ek het so rukkie terug vir Giepie aangeskaf. Uitzoome Maria en daar kan ek sien die pad loop Malmesbury toe. Nou ja hoekom dan nou nie die pad gaan ry nie.

Die paadjie is maar erg vol slaggate maar wel geteer. Hulle is so plek-plek besig om hom oor te teer. En toe is Kalbaskraal eintlik so klein plekkie waar die mense nog groot plotte het en lekker wyd van mekaar af bly. Ek wil verseker weer bietjie daar gaan inloer en langer bly.

Ek het sommer langs die pad onder ‘n groot ou boom gestop en net die wêreld sit en bekyk.
Van hier het ek bietjie Malmesbury en omgewing verken. Ek moes maar die tyd dophou en het besluit om by ‘n goeie vriend in te loer oppad terug. Die vinnige inloer het toe ‘n langerige kuier geraak. Weet tot vandag toe nie wie dit meer nosig gehad het nie, ek of hy. Met die son wat al begin water trek het ek begin koers kies huis toe. Vuurtjie aangesteek en ‘n lekker vleisie op die kole getan.

Perfekte afsluiting na ‘n awesome dag.

3 goed het vir my uitgestaan op my verjaarsdag.

1. Al waai die winde in jou lewe hoe sterk, as jou anker reg is, kan jy enige iets trotseer.

2. Wanderlust loop warm deur my are. Explore, gaan sien die wereld daar buite.

3. Familie en goeie betroubare vriende, is meer werd as al die geld in die wêreld.

Ek het redelik baie oproepe gemis gedurende die dag aangesien ek op Witvos was. My close vriende, het gebel tot hulle my in die hande kry. Manne, julle is die ouens saam met wie ek sal oorlog toe gaan. Julle weet wie julle is. Dankie.

M uit

 

 

Abrahamskraal Staal

Aan die begin van die jaar het ek en Carel datums uitgesit vir clubrides wat ons die jaar wil doen. Terselfdertyd het tannie Hestie en oom Johan my genader om te hoor of ek nie ‘n groep ryers wil deurbring vir ‘n naweek nie.

Na bietjie heen en weer het ons ‘n naweek gekry wat gepas is en die datum vasgemaak. Die Annual Sutherland Winter Ride is al welbekend en ons wou bietjie iets anders bied en ‘n ander plek gaan verken sonder om te bots met die Winter Ride.

So is Soetes en Sop gebore. Ons het in 2016 op ons Pelle-trip laasjaar na Die Hel toe by Soetkaroo die lekkerste Soetes gedrink. Die gedagte was dat ons bietjie van Tannie Suzie se Soetes saam met die sop nuttig. Ongelukkig is Tannie Suzie erg bekend en was hulle al uitverkoop. Ons het toe gesettle vir Muskadel en Jerepiko.

Soos dit maar gaan was die manne traag om te commit en wat dit dalk moeilik gemaak het was die feit dat ons al die Vrydag na 12:00 wou ry. ‘n Hele paar van die regulars het geboek en ek het ‘n slag vir Witvos afgestof en die backup bakkie afgestaan aan my ouers.

Donderdag-aand is die laaste goedjies afgegee en Witvos op die trailer gesit vir die rit die volgende dag Worcester toe. Gewoonlik draal die dag mos erg as mens so halfdag werk en uitsien na ‘n wegbreek. My halfdag het hopeloos te min ure gehad en 12:00 toe is ek oppad Worcester toe.

20170714_094136_HDR

Intussen het ek nuus gekry dat Chantelle se been nie lekker is nie en haar gesê sy moet sorg dat sy by die dokter kom. In Worcester het dinge gou gebeur want die trailer se ligte het nie gewerk nie. Miela en my pa het ingespring en begin toets en regmaak en ek het solank fiets afgelaai en begin pak.

Knap na 14:00 was trailer aansienlik meer reg as tydjie tevore en ek het opgekit en na die petrolstasie buite Worcester gery. Hier het die hele groep so drupsgewys aangekom. Een of 2 manne het vroeer gestop vir petrol en hulle ook later by ons aangesluit. Moet sê dit was lekker om vir ‘n verandering self op my fiets te wees en nie die backup bakkie te ry nie.

Met ‘n paar bekende gesigte deel van die groep en ‘n hele paar nuwes het ek sommer geweet dit gaan weer ‘n lekker naweek wees. Ons het almal koers gekies Abrahamskraal toe. Elkeen het sommer vining sy/haar plek in die groep gevind en ek soos gewoonlik heel agter waar ek lekker op my gemak is. Verkeer was effe besig maar ons het goed tyd gemaak tot by Touwsrivier.

20170714_163006_HDR

Vinnige stop om gou die ysterperde met Cream Soda vol te maak en ons was weer op koers. Op Laingsburg het ons gou aankope gedoen en die manne het hulle laaste vloeibare versterkings aangekoop en ons het Laingsburg uitgery met die son wat besig was om te sak.

IMG-20170714-WA0050

Hiervandaan is die ore maar gedraai om so gou as moontlik van die N1 af te kom. Dis ‘n stukkie pad wat ek nie ‘n voorliefde voor het nie. Op Prins Albert Weg het ons weer sous gegooi en ek het vooruit gery sodat ek bietjie op die brug kan staan en video neem soos die manne verbykom.

Die oorspronklike gedagte was eintlik om my kamera te gebruik, maar by nadere inspeksie het ek gesien my SD kaart is nog in my laptop.

Nou ja, paar videos later het ek die laaste stukkie plaas toe gery en sommer direk onder die afdak gaan stop. Mense was al aan’t groet toe ek daar aankom. Tannie Hestie en oom Johan het ons sommer dadelik laat tuisvoel en by aankoms het die vuur al geknetter. Tannie Hestie het die meer gemaksugtige mense hulle kamers gaan wys in die gastehuis en ons klomp hooligans het vir ons elkeen ‘n matras uitgesoek en sommer dadelik gemaklike klere aangetrek.

IMG-20170714-WA0054

Ons het so bietjie rustig geraak en ‘n soetetjie of 2 later het ons die lekkerste sop en varsgebakte plaasbrood ingevaar. Ek verneem daar het van die manne tot 7 snye deurgewerk. Lekker bly darem maar lekker. Ons het so bietjie die vuur gestook om die koue te verjaar en die bittereinders het na 12 in die bed gekom.

Saterdag oggend was ek soos gewoonlik douvoordag wakker en het dit goedgedink om sommer bietjie te gaan stap. Gepantser teen die koue het ek ‘n 2-rigting radio in my sak gedruk en begin voetslaan veld in. Gelukkig ken ek die veld daarlangs goed en het opgestap tot aan die bo-punt van die kamp.

Het darem so 5km stappie ingekry vir die oggend. Terug by die gastehuis het die manne begin roer en almal het koffie gesoek.

Na lekker muesli, yoghurt, koffie en beskuuit het ons begin aantrek om so bietjie ‘n sirkel-roete te ry wat ek op ‘n kaart bespeur het. Oom Johan het ons gese dat ons Klaarstroom Hotel nie moet verbyry nie. En watter goeie advies was dit nie. Die paadjie  vanaf die plaas Seekoegat om was bitter mooi en lekker om te ry. Ek was eintlik verbaas om te sien dat daar plase in die omgewing is waarvan die werf eintlik massief is.

Ons het vinnig driver’s briefing gehad en toe ritme gevang en die grondpad onder die wiele laat deurgly.

IMG-20170717-WA0029IMG-20170717-WA0039IMG-20170717-WA0040

IMG-20170715-WA0028Ultimate_HDR_Camera_20170715_093849

Klaarstroom is een van daai versteekte juweeltjies. Die hotel is pragtig en tipies platteland is die diens vriendelik en vinnig. Die restaurant gedeelte het die mooiste lang tafel en mens wil sommer dadelik net gaan sit en rustig raak.

Gou-kyk was daar ‘n wa-vrag koffie vir die manne en manninne en aand ie reuk van ‘n koffie of 2 kon ek agterkom dis “regte” koffie, of broffie soos dit meer algemeen in die spreektaal bekend staan.Ultimate_HDR_Camera_20170715_105510

20170715_105907_HDRUltimate_HDR_Camera_20170715_105937Ultimate_HDR_Camera_20170715_110150

IMG-20170717-WA0030IMG-20170716-WA0036IMG-20170716-WA0035IMG-20170717-WA0022

IMG-20170719-WA0176

Ek het besluit om vooruit te ry sodat ek by Kredouw Pas bietjie fotos kan neem soos die manne deur die draaie kom. Witvos het maar oop ketels gehardloop sodat ek genoeg tyd het om myself reg te posisioneer.

IMG_1848IMG_1853IMG_1855IMG_1856IMG_1858IMG_1859IMG_1860IMG_1862IMG_1864IMG_1866IMG_1868IMG_1871IMG_1877IMG_1881IMG_1883

Ek het lekker rustig gaan sit en bietjie fotos geneem soos die manne verbykom. Die mannetjie op die laaste BMW het vir my suspisieus voorgekom. Asof hy met ‘n Honda houding sit. By nadere ondersoek sien ek toe Oupa E het bietjie met Prok se stofskoeter gery!

Ons het eers Bush pub toe gery vir middag-ete. Met die afklim en nader stap sien ons toe dat daar nie kaartfasiliteite is nie. Nie almal het kontant op hulle gehad nie en toe gaan vat ons Swartberg Hotel oor. LETTERLIK!

20170715_131426_HDRUltimate_HDR_Camera_20170715_13151420170715_134343_HDR

Daar was 3 disse op die kaarte, of nee wag, 4. Volstruis burger, beef burger, lamsburger, en kerrievis.

PROK het besluit Kerrievis is die regte ding. Ek was nogal lus vir ‘n stukkie Boorgat-seekat (lees Calamari) maar was toe die enigste een wat die lamsburger aangevat het.

Met ons maage vol het ons besluit om gou Swartberg te gaan ry tot bo. In ons groep was daar ‘n paar mense wat hom nog nie gery het nie. Ek, Prok en Ewie het die agterhoede gedek en Collen was net voor ons. Ek het op ‘n kol die opmerking teenoor Prok en Ewie gemaak dat dit vir my altyd lekker is om mense nuwe paaie te wys en dit saam met hulle te verken. Swartberg pass just leaves you in total awe. DIT IS SO MOOI.

Ultimate_HDR_Camera_20170715_140114Ultimate_HDR_Camera_20170715_135803Ultimate_HDR_Camera_20170715_135816Ultimate_HDR_Camera_20170715_140101Ultimate_HDR_Camera_Original_20170715_14170920170715_142148_HDR20170715_142203IMG-20170715-WA0028IMG-20170716-WA0004

Oppad boontoe kom ons ‘n jonglat en sy meisie tee by ‘n laagwaterbruggie. Hulle stop eers en gesels te lekker. Sy moes in die Kaap kom werk en hy het toe met die bike afgery en haar kom haal. Nou toer hulle weer terug en slaap waar die donker hulle vang. Hoe lekker kan dit nie wees nie!!IMG-20170716-WA0011IMG-20170716-WA0009IMG-20170716-WA0007

Oppad het Collen ‘n ligte side-stand incident gehad en ek en Prok het gou gehelp om sy skoeter weer regop te kry. Bo aangekom het Callie gesê dat ‘n paar mense tot by Die Top gery het. Ek en Prok het toe gedraai en solank weer begin afry.

Ultimate_HDR_Camera_20170715_145052Ultimate_HDR_Camera_20170715_145107Ultimate_HDR_Camera_20170715_150617

Onder by ‘n laagwaterbruggie het ons gestop sodat ons darem ‘n groepfoto kan neem.

20170715_150952_HDR20170715_150958_HDRIMG_1888IMG_1892IMG_1896IMG_1901IMG_1902IMG_1904IMG_1905IMG_1906IMG_1907IMG_1910IMG_1916IMG_1924IMG_1930IMG_1932IMG_1935IMG_1948IMG_1952IMG_1961IMG_1968IMG_1973

IMG-20170716-WA0007

IMG-20170716-WA0011

 

Intussen het Prok so bietjie rondgeloop en fotos geneem. Ek het gesien dat sy oorpluisies uit sy sak val, dit opgetel en in my sak gedruk. Fotos is geneem en Stefania het ‘n ligte sidestand incident gehad. Tools uit en gearlever gou reguit buig was sy oppad. Toe begin Prok sy oorpluisies soek. Ek kon my lag nie hou nie en het omgedraai en op Witvos geklim en begin ry.

Terug in die dorp het ons gou die ysters vol cream soda gemaak en koers gekies Bush Pub toe. Hier het daar al ‘n koue vir my staan en wag danksy Callie en toe kon ons die voetbal ook kyk en sien hoe die Stormers die Bulls wen. Vertrektyd was 17:00 en so 16:50 het die mense al begin uitbeweeg.

IMG-20170717-WA0018

Ek wou darem net die laaste gedeelte van die wedstryd kyk en het nog so bietjie gesit. Toe ek uitkyk was die span missing en ek moes toe seker maak die oorblywende lot haal die plaas. Soos dit ‘n goeie “sweeper” betaam. Dit blyk toe ek is gestrand met die stoutgatte van die groep. Ek het gesukkel, gedreig om te ry, mooi gepraat met die barlady, later tot die hulp van die plaaslike doktertjie wat besig is om haar Zuma-jaar te doen ingeroep maar niks het gehelp nie. Oupa E, Prok en Derick het bankvas gestaan. En elke keer as ek my rug draai staan daar ‘n vars brandewyn. Ek het maar boedel oorgegee en toe hulle gereed was om te ry sê ek: “Nog enetjie”. Hulle het omtrent gelag en na die enetjie het ons koers gekies plaas toe.

Met die wegtrek het Derick geskree ons stop elke 10km. 34km plaas toe. 3 stoppe.

Die eerste stop was mooi op 10km teen so koppie met die son wat besig is om onder te gaan. Derick het toe onthou sy seun het vir hom ‘n selfie-stick ingepak. Die is uitgehaal en fotos is geneem. Ek weet tot vandag toe nie wat ons gedrink het nie. Maar dit was wit, met coke, in ‘n plastiekglas wat die tannie by die Bushpub goedgunstiglik aan ons geskenk het.

IMG-20170716-WA0008IMG-20170716-WA0037IMG-20170717-WA0003IMG-20170717-WA0004IMG-20170717-WA0005IMG-20170717-WA0006IMG-20170717-WA0007

Een van die stoppe, het plaasgevind op 10.7km en nie 10km nie. BTW, Derick ek wag nog vir die selfie-stick fotos!  Oupa E het ‘n oproep gemaak na Callie toe maar gelukkig was die sein swak want al wat ek van die gesprek kon optel was anderkant N1, verdwaal en Merweville. Ons het so knak na donker die plaas gehaal en almal was al in ligter luim. Daar het ‘n aand-ete soos min gewag en soos gewoonlik het oom Johan en tannie Hestie nie teleurgestel nie. Soos Carel tereg opgemerklik. Bietjie Bike-ry met BAIE eet.IMG-20170717-WA0023IMG-20170717-WA0025IMG-20170717-WA0026

Ek het vroeg gaan inkruip maar hoor die bittereinders het na 12 eers koers gekies katel toe. Na verneem word is daar manne wat al singende hulle stort-stemme geoefen het in die gastehuis en een van die manne het tot ons ry sy beursie gesoek. Die is gekry op die klavier in die gastehuis.

Deur die loop van die nag het ek wakker geword van ‘n klank wat soos musiek in my ore is. Reën op die sinkdak. Ek het gesien die manne het nie eintlik die buiteligte afgesit nie en het vir my ‘n beker koffie gaan maak en lekker op die stoep gesit en koffie drink terwyl die reën op die sinkdak musiek maak. Ek het deur die loop van die oggend nog so 3 bekers koffie gedrink en was heeltemal in my eie wêreld vasgevang. Miskien omdat die wêreld en spesifiek Abrahamskraal my na aan die hart lê was hierdie reën vir my so lekker.

Ek het ‘n vroeë stort gaan vat in die kothuis en sommer daar en dan besluit dat ek en Chantelle bietjie vir Fiela moet plaas toe bring.

Almal het so drupsgewys ontwaak en die geure uit die kombuis was genoeg om enige mens uit die bed te laat opstaan.

IMG-20170715-WA0018IMG-20170715-WA0029IMG-20170715-WA0031IMG-20170718-WA0003IMG-20170718-WA0005

Collen se skoeter het repairs nodig gehad maar ons het sommer goukyk hom terug op die pad gehad. Na ‘n STEWIGE ontbyt het ons maar traag begin pak.

Ultimate_HDR_Camera_20170716_100414

Daar is drivers briefing gehou en dankie gesê vir ons gashere en die wonderlike Karoo-gasvryheid Hiervandaan is ons terug in Prins Albert se rigting en toe weer op die Prins Albert Weg pad die R407 tot ons links gedraai het op die bekende Hekke-pad.  Nadat ons so vlugtig re-group het het ons die grondpad gevat rigting Floriskraal dam. Andreas het om ‘n wille S-draai ‘n slightly advanced side-stand incident(as ek Callie mag quote)  gehad. Bietjie gekneusde ego gehad en ligte pyn in die sy maar verder ok. Die pad het toe bietjie meer sanderig geraak wat die manne se skills so bietjie begin toets het. Ek weet van bitter min mense wat hou van sandry. Daar het nog een of 2 sidestand incidents gebeur maar als gelukkig op lae spoed en die manne en dame se ego het meer pakgevat as die skoeters.

Prok se kopdop het skroewe lang die pad verloor. Hulle is vervang met hout aerials sodat hy die ouer lede van die toergroep op sy blueteeth kon opvang en 3mp’s luister.

20170716_104422_HDR20170716_114904_HDR20170716_11340020170716_122607_Burst3720170716_131357_HDR

Vossie het erens lang die pad oorgeslaan 62000km toe en ek het maar vir veiligheid ‘n watertjie gevat om dit te vier.

Meeste van die mense was sprakeloos oor  hoe mooi Floriskraal Dam is. Ek het so vining paar staaltjies vertel van die vloed en wat als gebeur het.

Ultimate_HDR_Camera_20170716_13281020170716_133550_HDRUltimate_HDR_Camera_20170716_131936Ultimate_HDR_Camera_20170716_132122Ultimate_HDR_Camera_Original_20170716_133554

Hele paar fotos later is ons oppad Laingsburg toe. Die aanvanklike plan was om hier vol te maak end an rigting Ladismith te ry en vandaar grondpad te vat oor Ouberg pas na Montagu. Die tyd was nie heeltemal aan ons kan nie en ons het besluit om eerder die Witteberge pad te ry. Die pad is mooi en vloei soos teer. Hy het sulke dowwe natkolle gehad en jy kon voel hoe die fiets se gat los raak elke keer as jy so patch slaan. Die kolle het my paar keer onverwags gevang want dit lyk of die pad droog is en volgende oomblik snake jou agterwiel.

Die hele pad was die berge met ‘n ligte wit poeier gestrooi. Prentjie mooi maar ysig. Die gemiddelde temperatuur het so tussen 4 en 6 grade gehandhaaf. Toe ek weer opkyk sien ek my bakkie staan afgetrek teen die pad. een of 2 fietse staan dwars in die pad geparkeer en daar lê ‘n fiets in die bosse regs van die pad.

Rob het geval. Hy het baie sagte modder teen die kant van die die pad gevang, fiets het begin snake en toe slaan hy ‘n hengse spoelgat en slaan gat oor kom. Gelukkig was hy ok. Sy knie het pak gevat en die skoeter ook maar hy was in goeie spirit. Ek het gestop en seker gemaak Rob is OK.

20170716_160137_HDR20170716_160152_HDR

Toe begin ons sy fiets laai wat maar met rukke en stote gebeur het maar hy was op. Hugh het vooruit gery om Carel te verwittig terwyl ek, Andreas en my pa die fiets gelaai het. Ons het Carel oppad gekry en toe by die teerpad net vinnig gesels. Vandaar het ons oor gedraai Touwsrivier toe aangesien die res van die groep daar gewag het.

Op Touwsrivier het ons gou koffie deurgewerk. Ons het verslag gekry dat dit reën in Stellenbosch en toe word daar naarstigtelik reenjasse aangetrek.

Wiele gepomp en nodige vloeistowwe volgemaak. Volgende stop Bergsig Motors net buite Worcester.

Die groep het redelik oor gedraai en ek het nog eers gestop vir ‘n mooi foto voordat ek Hexrivier pas sak.

Ultimate_HDR_Camera_20170716_172620

Ek het van agter begin inhaal en het agter Stefania gery. Net verby Sandhills se afdraai sien ek die 650 se flikker gaan aan. Dan weer af, entjie verder weer aan en weer af. By Kanetvlei se indraai sien ek hy gaan aan en sy verminder spoed.

Haar kontaklens het uitgeval. Gelukkig het sy ‘n spaar lens in haar sak gehand. 3 Minute later was ons weer op koers Worcester toe.

Daar aangekom het ek besluit om my fiets weer op die trailer te sit om my bakkie terug te bestuur. Dit het meegebring dat ons Rob se fiets moes skuif. En daar breek die tailgate se kabel toe. 10min is die kabeltjie gelas en ons reg om die skoeters te laai. Intussen het die verkeerspolisie ook hulle teenwoordigheid kom wys en ons almal se moermeters in die rooi gedruk.

IMG-20170717-WA0036

Met die fietse gelaai het ons almal gegroet. Ek kon sien almal is moeg maar dat dit ‘n lekker naweek was is nie altemit nie. Ek het my ouers by die huis afgesit en ek en Rob het die stuk terug Kaap toe ingesit. Hy het sommer sy seun oppad laat weet en ons het sy fiets sommer by Carel se huis oorgelaai en myne weer na die middel van die sleepwa geskuif.

By die huis gekom het ek die fiets net so op die sleepwa in die garage gestoot, bakkie afgepak en als gesluit. Dit was knap na 9, ek was goed gatlam maar baie dankbaar dat die Vader ons bewaar het op nog ‘n avontuur in ons mooi Weskaap en dat almal dit veilig en relatief in een stuk tot by die huis gemaak het.

Soos oom Oubaas sê: Tot wederom!!

Matewis uit

Gamkapoort Deurstoot

Dis al ‘n tydjie sedert ek geskryf het maar in die tussen-tyd het ek nie stilgesit nie. Het einde laasjaar ‘n nuwe pos aanvaar en het omtrent rondgehardloop die laaste tyd.

Kon darem vir my ‘n nuwe topbox gaan optel in PE voor die trippie Gamkaspoortdam toe.

Die trip het ek eintlik al lankal beplan en sou ‘n solo trip gewees het. Dis gewoonlik my dink tyd, beplanningstyd en afskakeltyd. Ek is bitter suinig met hierdie tyd en indien ek ‘n persoon of 2 inlaat en saamnooi is dit mense wat die denker gedeelte van my verstaan.

Robin het onlangs sy pa aan die dood afgestaan, en met al die reëlings en dinge wat hy moes deurmaak het ek dit goedgedink om hom saam te nooi. Ons kom al ‘n lang pad saam en kan mekaar net deur bloot vir mekaar te kyk, opsom.

In die voorafgaande week is daar gesorg dat die stofskoeters in tiptop kondisie is. Die Geelkameel se  vurkseëls is vervang, nuwe sitplek opgesit en Witvos het sy nuwe topbox gekry.

Die eindpunt van ons reis was vir Robin onbekend en tot ‘n mate ook vir my. Ek het geweet waar ons gaan opeindig maar nie hoe die pad lyk tot daar nie. In ‘n vorige groep se bike-video het ek die naam Gamkapoort Dam gesien en begin wonder. Navorsing het gevolg en siedaar. My solo-trip, or not so solo trip was born.

Gewoonlik is ‘n voorvereiste van so solo-trip dat daar geen selfoon-opvangs moet wees nie. Dan skakel mens behoorlik af.

Vrydag het ek deurgery na Robin in die Paarl. Die reën het gedreig oor die berg en op nommer 99 het ons maar die reënjasse aangetrek. Ook maar goed. Vinnig Cream Soda in die tenke gegooi en pad gevat rigting Franschhoek.

20170505_17121920170505_17421420170505_17422520170505_174333_HDR

Vir iemand wat Franschhoek pas goed ken en hom al menige maal gery het, was Vrydag aand op die pas ‘n uitdaging. Met letterlik 4m sig en reën het ons die pas aangevat. Ek kan tot ‘n mate verstaan hoekom mense met engtevrees in digte mis verbouereerd kan raak. Ons het maar flikkers aangesit en op die witlyn konsentreer. 2de rat, 30km/h. Aan Villiersdorp se kant van die pas het die mis begin lig en die reën opgehou. Pad was al semi-droog en ons kon so bietjie oordraai. Ons eerste nag se slaap was anderkant Riviersonderend.

Ons albei was relatief moeg na ‘n rowwe week en ons het na ‘n vleisie en broodjie nog tot ounag diep stories gepraat. Kanarie het ‘n paar stories van sy pa vir my vertel. Saterdag was ons vroeg op. Het rustig gepak en bietjie grondpaaie gery to in Bredasdorp en vandaar teerpad Swellendam toe. Na die eerste reëns loop die trekkers oop en toe om die grond geploeg te kry vir die nuwe oes. Dis werklik ‘n gesig om te aanskou.

So 40km voor Swellendam sit ek hoeka so en kyk vir ‘n trekker met sy massiewe ploeg en Witvos is op ‘n gallop net so knap anderkant die toegelate spoedgrens. Met die terugkyk voor my sien ek ‘n springbokram regs van my fiets se voorwiel uitdop. Ek het ‘n paar woorde gelos wat nie hier herhaal kan word nie en my letterlik koudgeskrik. Die volgende het alles in ‘n kwessie van sekondes gebeur. Die bok het die draad met ‘n moerse spoed getref en is toe sommer terug op die pad en vat padlangs koers Bredasdorp toe. Ek het in my spieël gekyk en gesien Kanarie het omgedraai en kon sommer hoor die Geelkameel draf nou flink in die teenoorgestelde rigting. Ek het ook maar omgesit en moes sommer oordraai om hom in te haal. Met die naderkom sien ek hy jaag die springbok. Hy het die springbok so van die pad af gekry en nie lank nie toe is bokkie moeg en slaan gat-oor-kop in die lang-gras neer. Ons het omgedraai en side-stand uitgeskop om die bok te vang en weer oor die draad te sit. Met die opkyk sien ek Kanarie se Geelkameel in slow-motion omval. Hy het die side-stand nie heeltemal uitgeskop nie! Ek het afgespring en gou gehelp om sy fiets op te tel. Met die fiets regop het die springbok ook regop gekom en rustig padlangs weggedraf.

Ek en Kanarie het hom net agterna gekyk. Ons het so rukkie gevat om net te kalmeer en tot verhaal te kom en het toe die laaste stukkie gery tot in Swellendam. By Checkers het ons gou aangery vir ‘n groen ambulans en ek het sommer gekyk hoe lyk die Padkos stand en of als in orde was. Kanarie het gesê Buffeljags is die plek om te stop vir roosterkoek. Nou kyk, ek ken roosterkoek. Maar as jy jouself wil treat, is ‘n stop by Oude Post ‘n moet.

Ultimate_HDR_Camera_20170506_114338

‘n Plek wat 1400 roosterkoeke op n goeie dag verkoop, moet weet wat hulle doen. Kanarie het ‘n mince roosterkoek bestel en ek het ‘n bacon-en-kaas ene deurgewerk. Alla perskes was dit lekker!!! Afgespoel met ‘n cappuccino het ons sommer gou die honger pyne gestil.

Van hier het ons na Suurbraak gery en toe die mooie Tradouw pas begin klim. Die pas was lekker stil en ek en Kanarie het halfpad teen die pas op gestop en hy het my vertel hoe hy en sy pa destyds met ‘n vraggie voer oor die pas gery het toe daar droogte in die Tankwa was. Na ons weer weggetrek het, het hierdie mededeling my oë vol trane laat skiet. Dit het my sommer laat dink aan my eie pa, dinge wat ons al gedeel het, paaie wat ons al gery het. Gesprekke wat ons in die jagveld gehad het. Hierdie was after all ‘n trip waar ons afskeid neem en ook bietjie ons koppe skoonkry.

Ultimate_HDR_Camera_20170506_121809

20170506_122604

20170506_122631_HDR20170506_122636

Min sou ek weet dat die roete wat ek gekies het soveel memories vir my groot vriend sou terugbring. Barrydale is ons deur sonder om te stop aangesien Diesel & Crème toe is vir verbeteringe. Ook maar goed wat toe trek ons die krane oop na Ronnie’s Sex Shop. Hier het ons gestop vir ‘n koeligheidjie vir die keel. Ook net betyds want nie lank na dit nie stop daar ‘n toerbus vol duitse toeriste. Met ons dors geles, het Ladismith geroep.

20170506_130105

Ons het sommer by die eerste en naaste vulstasie vir ons skoeters ook bietjie Cream Soda gegee en sommer vir die petroljoggie gevra waar ons aartappels ens kan koop. Ladismith is eintlik ‘n snaakse dorpie. Mens ry eintlik die dorp so semi mis. Ons het “gou” by die Spar ingehardloop. Ek dink die hele proses van aartappels, uie, mushrooms, botter, foelie, coke en ‘n knoffelbroodjie koop het seker 45min geneem. Ons kan ‘n hele paar vrouens ‘n go gee. In ons verdediging moet ek noem dat ek 2 keer terug is winkel toe vir iets wat ek vergeet het en Kanarie is ook twee keer in. Toe kom die taak om als in en op ons fietse vasgemaak te kry.  Ons kon darem die 2 skaapribbes skuif en het plek gemaak vir al die ander goed. Ons het gery in die rigting van Zoar en vandaar Seweweekspoort se grondpad gevat.

Voor ons het ‘n redelike groot vragmotor gery wat lekker stof opgeskop het en ons het besluit om eers in die poort te stop sodat die vragmotor bietjie vooruit kan gaan. Kanarie het lekker yskoue energiedrankies uitgepluk en ons het sommer net so bietjie staan en gesels en die natuurskoon ingedrink.

IMG-20170507-WA0046

Kanarie het my meegedeel dat hy die eerste keer hierdie pas saam met sy pa gery het. Hulle het volstruise van die plaas af Oudtshoorn toe gevat. Onwetend het die roete wat ek gekies het, herinneringe teruggebring van eerstes wat Robin saam met sy pa ervaar het. Onwillekeurig het ek gedink aan eerstes wat ek saam met my pa ervaar het. En sommer ‘n lysie begin maak van dinge wat ek nog saam met hom wil doen. Ek het geweet dit gaan ‘n naweek van diep gesprekke wees. Ek weet nou waar my groot vriend eendag sy kop vir die laaste keer sal wil neerlê.

Dis weird hoe die lewe snaakse draaie loop. 10 jaar terug was ek jonk, relatief onverskrokke en lived life on the edge. Letterlik.  Ek het vinnige karre gelove(ek doen nog steeds) en ‘n bergpas was ‘n plek om my drivingskills bietjie te “hone” en my kar tot op sy limiet te vat. Vandag doen ek dit nogsteeds maar teen ‘n baie mindere mate. Life has changed, verantwoordelikhede is meer. Daar is meer mense wat op my staatmaak en ek moet dink aan ander en nie net aan myself nie. Ek dink soos mens se ouderdom klim, besef jy wat werklik belangrik is in die lewe. Familie, vriende, mense in jou kring waarop jy kan staatmaak. Wat jou belange bo hul eie sal plaas. Die spreekwoord sê nie verniet: Aan jou vriende sal jy geken word. Dis in vandag te tyd, nogsteeds waar. Daar is onlangs vir my die volgende gesê: “You do not write in colour anymore.” Dit het my nogal laat dink. Maar meer oor dit in die weke wat kom.

Terug na die hede. Net deur die mooie Seweweekspoort draai ons regs in die rigting van Gamkapoort dam. Die eerste gedeelte ry mens verby mooi uie-landerye. Dan dop die hek na Bosch Luys Kloof voor jou uit. Deur die oopskuif hek en deur ‘n driffie raak die pad sommer lekker en daar is ‘n paar hobbeltjies wat mens met spoed kan vat en so bietjie airborne raak.

Dan, sonder waarskuwing begin jy die pas sak.

Bosluiskloof Pas of Bosch Luys Kloof Pass

So bietjie geskiedenis oor die pas:

This historic pass dates back to 1862 and was completed by Thomas Bain’s brother in law – Adam de Smidt. The road is named after the many fossilised ticks found in the rocks when the road was built. This used to be the main road between Laingsburg and Prince Albert up till the late 1960’s when the Dept. of Water Affairs built the Gamkakloof Dam, which had a number of consequences, including making this road obsolete. Firstly it made the road a dead end as there was no way around the new dam and secondly it spelt the end of the farming community in the Gamkakloof, as the new road bulldozed eastwards through the Gamkakloof gave this community access to Oudtshoorn and Calitzdorp. They left the kloof in a steady trickle until there was no-one left. That is one of the negative sides of progress.

Een van die groot trekpleisters van motorfiets ry, is om nuwe afgeleë plekke te gaan verken. Daar sit nie verniet ‘n Wanderlust tattoo op my arm nie. Ek love dit om te verken en nuwe plekke te sien.

20170506_132026

Ek was al baie plekke in my lewe. Die uitsig van bo op Boschluyskloof pas, is onder my top 4 van seker die mooiste plekke. Die ander 3: Die uitsig vanaf Leeukop, Ouberg Pas in die Tankwa en Van Rhynspas wat uitkyk oor die Knersvlakte.

Hierdie is ook een van daai plekke wat jy nie eintlik oor wil skryf nie. Nie omdat dit nie ‘n paar bladsye werd is nie, maar omdat jy dit half vir jouself wil hou. Die ongereptheid van hierdie pas en deel van die land is sy aantrekkingskrag. Mense het in die verlede vreeslik aangegaan oor die pas af in Die Hel in. Daai is ‘n vulletjie. Gaan ry Boschluyskloof pas. Die vistas van bo, is for lack of a better word: ASEMROWEND.

Vir die volgende klompie kilometer was Witvos amper konstant in 1ste rat. Verspoelings oor die pad het my die afgrond van nader laat bekyk vir ‘n oomblik maar ek het darem bo gebly. Hierdie is nou een van die paaie wat ek nie in woorde kan omsit nie. Vir my, is niks wat ek hier kan tik, naby aan hoe mooi dit is nie. As jy gaan dink hoe het Adam de Smidt in 1862 hierdie stukkie pas gebou, moet ek my helmet tip en sê well done!  Ek sou gelove het om ‘n drone in die lug te sit en agter my aan te laat vlieg het terwyl ons die pas gesak het. Ek sal maar dat die video van die uittog ‘n bietjie van die mooi wys.

As jy nou bietjie luuks wil slaap dan gaan boek jy vir jouself hier in:

https://boschluyskloof.co.za/reserve/home?/index.html

Ons het die budget akkommodasie verkies en dit was verseker die beste besluit. Verby Bosch Luys Kloof se huisies is daar verskeie afdraaie vir 4×4 roetes. Ek moet ook opmerk dat ons met die intog in die kloof net 1 voertuig gekry het. ONGEREPTE SKOONHEID. Deur die reservaat sien mens die mooiste koedoes, springbokke(gelukkig nie op 140 vlak voor jou nie) en iets wat ek baie lanklaas gesien het, vaalribbokke.

Die laaste stukkie na die akkommodasie begin die dam so bietjie bietjie van homself wys. Ons het bo by Fox gestop wat die waterfiskaal is en uit my weetgierige natuur het die vrae op die arme man gereën oor die dam.

Gamkapoort Dam
Official name Gamkapoort Dam
Location Western CapeSouth Africa
Coordinates 33°18′1″S 21°38′36″ECoordinates33°18′1″S 21°38′36″E
Opening date 1969
Operator(s) Department of Water Affairs and Forestry
Dam and spillways
Type of dam gravity
Impounds Gamka River
Height 39 m
Length 213 m
Reservoir
 
Creates Gamkapoort Dam Reservoir
Total capacity 54 000 m³
Catchment area 17 055 km2
Surface area 620 ha

Links loop die dam tot 10km op en aan die regterkant 15km van die wal af. DIS WYD!! Die dam het tans 30% slik so slegs 70% van sy oorspronklike kapasiteit is nog beskikbaar. Ongelukkig met die knellende droogte is die dam tans leeg. Op die stadium het Fox my so gekyk en gesê: “Your next question would probably be how long does it take to fill up?” And I answered: “yes, that was my next question.” His answer took me by surprise. 36 hours. 36 HOURS!!!  Fox sê die dam het van leeg tot bo-oor die wal gegaan in 36 uur. Hierdie is slegs die 3de keer wat die dam leeg is vandat hy daar bly vanaf 1992. Hoogste temperatuur wat al daar gemeet is? 56 grade Celsius. En dit het in die dag voor en die dag na dit nooit onder 40 grade gesak nie. Gedurende die dag en die nag. Fox het ons die verblyf gaan wys, en al is dit baie basies, het mens niks meer nodig nie. Warm water is afkomstig van ‘n donkie wat met hou gestook word.

Fox het verduidelik dat as ons die koppie agter die huisies klim sal ons selfoon sein hê. Ons is albei die koppie uit met ‘n vars rum en coke in die hand. Ons het op die koppie gou gebel en laat weet ons is veilig en toe, met die wêreld aan ons voete en ‘n uitsig wat ‘n stadsjapie net van kan droom, ‘n glasie geklink op wyle Essie Walters.

20170506_165152_HDR20170506_17035520170506_17035820170506_170412_HDR20170506_17051820170506_17055020170506_170623

IMG-20170507-WA0041

Ek en Kanarie, was geestelik in dieselfde space.

Daar is ‘n spreekwoord wat sê:

Ons het paar fotos geneem ons laaste slukkie op die dorre aarde uitgegooi en afgestap om ‘n vuurtjie aan die gang te kry. Met die vuur wat knetter het ons die kardoesies gou gemaak en gekyk hoe die son die berge verlaat en die lug in alle kleure verf.

20170507_073122_HDRUltimate_HDR_Camera_20170506_171741Ultimate_HDR_Camera_20170506_171750Ultimate_HDR_Camera_20170506_171810Ultimate_HDR_Camera_20170506_172410Ultimate_HDR_Camera_20170506_174741

Die vuurtjie het geknetter en ek en Kanarie? Ons was net. Rustig en gelukkig. Albei presies waar ons wou wees. Content.  Ek het vir ons elkeen ‘n prime-rib ingepak wat al 3 dae in speserye lê en smeek om gebraai te word. Robin het die wors gebraai wat hy saamgebring het en ons het solank weggele aan die wors. Hy  het die een stuk rib opgesit saam met die kardoesies. Ons het hom so entweg geëet en toe die ander rib ook gebraai. Ons albei was dit eens dat rib nommer  2 meer sout gaan kry! Ons het ons so trommeldik aan die kardoesies geëet dat ons seker elkeen een stukkie rib van die 2de rib ingekry het. Ons het ‘n laaste knertsie buite gedrink en besluit dis tyd vir oege rus. Ek moet bieg, ek het lanklaas so lekker geslaap. Behalwe vir ‘n paar muskiete wat my slaap so effe versteur het was ek lights out.

20170506_210908

IMG-20170507-WA0064

Ons het die oggend geroer voordat die son sy verskyning gemaak het. Min dinge mooier as om die son te sien opkom in die Karoo. Ek het vir ons Cappuccino sachets ingepak, maar die brakwater en die Cappuccino akkordeer nie so lekker met mekaar nie. Ons het gou water gekook en die skottelgoed gewas, beddens opgemaak en toe rustig ons fietse gepak. In die huisie langsaan was ‘n ouerige vrou, sy het deur die loop van die aand fotos geneem van die sterre en ook van die sonsopkoms. Ek het haar gegroet waar sy met ‘n rugsak oppad was in die rigting van die rivier se inloop. Na ‘n vinnige geselsie het ek agtergekom dat sy die vorige dag die linkerkantste  inloop tot bo geloop het. En vandag vat sy die regterkant. RESPECT!

20170507_073130_HDRUltimate_HDR_Camera_20170507_073216Ultimate_HDR_Camera_20170507_073225Ultimate_HDR_Camera_20170507_073318

Kanarie het ‘n boere-was gevat(net die brak plekke gewas soos hy sê) met koue water. Ek was minder braaf, water gekook en met louwarm water die brak plekke gewas. Met die fietse gepak het ons vir Fox gaan groet en die pad terug beskawing toe aangedurf.

IMG-20170507-WA0089

IMG-20170507-WA0087

20170507_085652(1)

Die vaalribbokke, koedoes en springbokke het die rit lekker gemaak. Met ‘n groter fiets het ek maar bietjie rustiger gery en sagkuns oor die klippe gevorder. Kanarie aan die ander kant het ligvoets gedans met die Geelkameel deur die draaie en oor die klippe. Ons het gestop vir ‘n foto met die ossewa en vandaar het hy voorgedraf tot by Boschluyskloof se hek. Ek het so heuweltjie of 2 gespring met Witvos en toe myself bedink en rustiger gery.

IMG-20170507-WA0086

By die hek het ons gestop vir ‘n foto en vandaar het ons oorgedraai tot by Floriskraal dam se afdraai.

IMG-20170507-WA0078

Vir iemand wat weet van die Laingsburg vloed, en self in hom was. Is die Floriskraal dam nogal iets besonders. Ja, ek is 28 November 1980 gebore, Laingsburg het weggespoel 25 Januarie 1981. En ek was daar. Die gebeurtenisse rondom dit is hartroerend. Soveel so dat my pa onlangs een van die mense wat hy daardie dag van ‘n watergraf gered het, onlangs opgespoor het. Die man bly skaars 5km van waar ek tans woon en ek het die voorreg gehad om hom te ontmoet. Ja, my pa, is my real life hero.

20170507_094246

IMG-20170507-WA0075

20170507_102440_HDRUltimate_HDR_Camera_20170507_102118Ultimate_HDR_Camera_20170507_103424

Ek was as kind laas by die dam en dis nog net soos ek dit onthou. Ek en Kanarie het bietjie fotos geneem en tot bo op die wal gestap en die dam is erg leeg. Mens kan die visse onder in die water sien swem. Die roep van ‘n visarend het die prentjie mooi afgerond. Ons het van hier gery vir Laingsburg sodat ons die stofskoeters weer bietjie cream soda kon ingee. By die petrolpomp aangekom kom daar ‘n man op ons afgestap. Marius. ‘n pel van Robin. Hulle het bietjie gaan jag by Loxton as ek reg onthou ek klink my hulle het lood gegooi. Met die tenke vol het ons die Witteberge pad gevat. Nog ‘n pad met spesiale betekenis aangesien ek en Kanarie die grondpad vir die eerste keer saam gery het. Dis ook die venue vir sy eerste val. Die pad het soos teerpad gelyk en ek moes maar aanstoot om by die Geelkameel te hou.

IMG-20170507-WA0076

Terug op die teer het ek gou die lyne geslaan Worcester toe. My ma wou weet of ons inval vir ete. Hoe kan mens dan nou nee se vir jou ma se kos. Ons het die afstand Worcester toe sommer gou kafgedraf en soos gewoonlik het ons weggelê aan lekker gekookte kos. Ons het maar ons lywe aasvoel gehou en na ete Du Toitskloof oor gery tot by Kanarie se huis. Ek het gou die nodige bagasie afgelaai en het rustig die laaste stukkie huis toe gery.

All in all het ons so 900km gery. Die naweek, en my onderonsie met die springbok, het my weereens laat besef dat die lewe kort is. Niemand weet wanneer sy strepie getrek is nie. En ons moet elke dag flatout lewe.

Ter nagedagtenis aan oom Essie.

Matewis uit