Soms, net soms

Met 2016 se uurglasie wat vinnig besig is om uit te loop, het my OCD oorgevat en besluit there’s no time like the present.

Met Leeukop wat al ‘n jaar lank soos ‘n berg voor my lê – letterlik, was dit tyd om 2016 op gepaste wyse af te sluit. My voorneme vir 2017 is om beter en gesonder te begin leef en dan is dit mos goed as jy dadelik daad by die woord sit.

So het die besluit gekom om Leeukop te gaan uitklim die 31ste Desember. Na uitnodigings ens het die somtotaal van die geselskap uitgekom op Jani, haar dogter en ekself. Jani het al gestap so ek het ten minste n tourguide gehad wat weet waarheen ens. 

3:30 was ek al wakker en het maar traag opgestaan, gestort en toe gery, hulle opgetel en ons was net net voor 5:00 op die berg. Met ons aankoms was daar al ‘n hele paar karre van mense wat dieselfde idee as ons het. Met die opgaan kon ek al liggies hoog teen die berg op sien. 

This is it. 8 jaar in die Kaap en die eerste keer wat ek my voet op die berg sit. ‘n Skreiende skande! Moet net sê ek het al Tafelberg ‘n keer of wat gestap.

Nou kyk, ek is lekker onfiks, maar het darem so bietjie natuurlike fiksheid van my ouers geêrf. Die paadjie klim die eerste stukkie redelik maar dis gaanbaar.

Die uitsig is asemrowend. Daar is iets “magical” rondom ‘n sonsopkoms. Nog ‘n dag wat ons gespaar is, nog ‘n dag wat elkeen van ons op hierdie aarde geplaas is om êrens ‘n verskil te maak. 

Om te sien hoe die son die dag begin verlig en die donker verdryf het betekenis op so baie vlakke vir my. Op Kersdag het die dominee gesê dat die lig altyd die donker oorwin. Een enkele kers, verdryf die diepste donker, en so sien ons dit elke dag in die natuur, die son verdryf die donker. 

Elke dag as jy jou oë oopmaak, gee God jou ‘n tweede kans. Hy druk jou as’t ware ‘n kers in die hand, steek hom aan en stuur jou om die donker te gaan verdryf. Dalk jou eie donker, dalk iemand anders se donker. Feit van die saak bly staan, jy het die keuse of en hoe jy jou kers se lig gaan aanwend.

Mense noem Kaapstad nie verniet die Moederstad nie. Om wakker te word in een van die mooiste plekke in die wêreld is ‘n voorreg, en in 2017 gaan ek hierdie stad van my, verken. Te voet, te bus, te motorfiets.
Die beauty van die roete teen Leeukop uit is dat jy om die kop stap. Dus kry jy ‘n 360 view van die skiereiland en word bo beloon met ‘n 360° uitsig van als wat jy so stuk-stuk gesien het tot bo.

Die paadjie klim steil en op n punt moet jy besluit of jy die makliker roete gaan vat of die een waar jy lere en kettings gebruik, kortpad berguit. Jani het die langer roete gekies en dit was ‘n goeie keuse aangesien mens ‘n baie beter view het van die berg. Die laaste stukkie se klimmis redelik reguit op en steil. Die pay-off wanneer jy bo kom is elke voetval werd.

Teen Leeukop staan daar 3 groot bome. Dit was amazing hom hulle lwortelstelsels te sien. Die 3 bome wat daar in die skuinste groei was net vir my bewyse dat mens enige iets kan regkry as jy wil. As jy jou wortels reg anker en nederig is, is enige iets moontlik. Ek luister die laaste tyd al hoe meer Country musiek en Tim McGraw het ‘n puik liedjie gesing en die woorde was vir my treffend.

“Humble And Kind”
(written by Lori McKenna)

You know there’s a light that glows by the front door
Don’t forget the key’s under the mat
When childhood stars shine,
Always stay humble and kind

Go to church ‘cause your mamma says to
Visit grandpa every chance that you can
It won’t be wasted time
Always stay humble and kind

Hold the door, say “please”, say “thank you”
Don’t steal, don’t cheat, and don’t lie
I know you got mountains to climb
But always stay humble and kind
When the dreams you’re dreamin’ come to you
When the work you put in is realized
Let yourself feel the pride
But always stay humble and kind

Don’t expect a free ride from no one
Don’t hold a grudge or a chip and here’s why:
Bitterness keeps you from flyin’
Always stay humble and kind

Know the difference between sleeping with someone
And sleeping with someone you love
“I love you” ain’t no pick-up line
So always stay humble and kind

Hold the door, say “please”, say “thank you”
Don’t steal, don’t cheat, and don’t lie
I know you got mountains to climb
But always stay humble and kind
When those dreams you’re dreamin’ come to you
When the work you put in is realized
Let yourself feel the pride
But always stay humble and kind

When it’s hot, eat a root beer popsicle
Shut off the AC and roll the windows down
Let that summer sun shine
Always stay humble and kind

Don’t take for granted the love this life gives you
When you get where you’re going don’t forget turn back around
And help the next one in line
Always stay humble and kind

Soos ek reeds gesê het is die laaste stukkie se klim steil. En dan kom jy bo op hierdie plato en vir ‘n oomblik gaan staan die wêreld stil en jy drink die stilte en die mooiheid rondom jou in.

Leeukop gooi tot sy eie skadu in die see.

Die foto het my laat voel ek het die wêreld aan my voete, en dis eintlik waar want ‘n mens het. Dit gaan oor jou ingesteldheid. 

Soos ek nou hier sit en skryf, is dit 1 Januarie 2017. 2016 het ek afgesluit met’n “bang”. Letterlik.
Leeukop geklim en daarna Franskraal toe waar ek die vuurwerke op die strand gaan kyk het. Het ou-nag in die bed gekom en was alweer voor die son sy kop uitsteek wakker en sit nou rustig in Kleinbaai se hawe en kyk hoe die bote uitgaan.

Ek kry gereeld vrae oor hoekom ek so min slaap etc etc. My antwoord is altyd, I’ll sleep when I’m dead. En dis presies dit. Die lewe is te kort en ek gaan en wil elke denkbare minuut benut om ‘n vol lewe te lei.

Met die afkomslag was daar ‘n bankvrag mens van voor af oppad berg-uit. Vir my het dit gevoel of hulle die doel van die oefening mis. Maar elkeen stap met sy eie gedagtes en dinge in hul kop. Die afkom het ek so stukkie gedraf ook. En ek glo ek sal nogal addicted kan raak aan trailrunning as my knie hou. Leeukop is soos Tafelberg ‘n baken, mense van elke kleur, geur en taal stap die berg uit. Verbasend baie uitlanders.

Met die afkom het daar ‘n paartjie gestap, ‘n baie steiler roete, gelaai met groot sakke, slaapsakke etc. Die paartjie was as ek moet skat, al diep in hulle 60 meer nader aan 70, en hulle het geoefen. Op ‘n stadium het die vrou swaargekry, die man het gestop, haar slaapsak gevat en om sy skouers gehang en haar drag ligter gemaak sodat hulle verder kan stap. Wat ‘n mooi gebaar. Net soos ons soms iemand nodig het om ons drag ligter te maak soms, moet ons ook soms hande uitsteek en iemand anders se drag ligter maak. 
Ek het myself voorgeneem om in 2017 meer te leef. Gaan klim daai blerrie berg, gaan stap daai roete, koop daardie motorfiets en gaan verken. Daar word gereeld vir my gesê ek is gebore met wiele onder my gat, maar wat gaan jy onthou as jy die dag die takhaar deurgaan en onder die langbome lê? Wat gaan mense van jou onthou?

Vat die lewe so effe stadiger, en kyk mooi. Jy mis dalk die mooiste deel van jou reis.
Hopelik dat ek geleef het. Ontdek het, en ek hoop dat ek hierdie selfde wanderlust in my dogter kan inprent.

2017 begin ek met ‘n nuwe pos, nuwe uitdagings en nuwe drome. Gaan dit harde werk kos? Verseker, maar, ek gaan fun hê terwyl ek dit doen.

Matewis oor en uit

Waarhede

My ma stuur nou vir my hierdie stukkie aan. Dit is so treffend en so waar. Sy het dit ontvang van ‘n vriend saam met wie my pa hierdie jaar so fietstoer in die kleine gedoen het. 

Laat mens dink…..

Hoe mooi is dit…

Hoe ouer mens word, hoe meer en meer besef jy dat ‘n R70 horlosie presies dieselfde tyd aangee as ‘n R700 een. Of jou huis sewentig vierkante meter is of sewehonderd vierkante meter, die eensaamheid en hartseer of vrede en geluk binne in bly dieselfde.

 Hopelik sal ons almal eendag besef dat innerlike vreugde en vrede nie van fisiese besittings of rykdom afhang nie.

Of jy nou eerste klas of ekonomiese klas in ‘n vliegtuig reis, as die vliegtuig val, val jy saam!

Daarom moet ons verstaan dat as ons ware vriende het, boeties en sussies saam met wie jy kan lag en huil en sing en bid en gesels oor alles en nog wat, dat dít eintlik WARE rykdom is…

Geniet die mense rondom jou wat God oor jou pad gebring het, want hul waarde is onmeetbaar en onskatbaar.

Vertel vir hulle hoe kosbaar hulle vir jou is en hoe belangrik hulle voetspore in jou lewe is.

Wees ook dankbaar vir diegene wat jou wieletjies pap maak en jou geduld beproef, want jy leer waardevolle lewenslesse deur hulle.

Vergewe en maak reg terwyl daar nog tyd is. Wees dankbaar dat jy ‘n gesin en vriende en familie het. Hulle is net vir jou geleen, en eendag gaan jy hul werklike waarde besef as jy hulle leë stoel of plekkie in raak sien…

Besef vandag opnuut dat sonder God in jou lewe, alles eintlik ‘n sinnelose gejaag na wind is.

Ons hou ons besig met soveel dinge wat geen ewigheidswaarde het nie, terwyl ons eintlik moet voorberei vir ‘n ewigheidslewe saam in die hemel.

So kom ons koop die tyd uit, want tyd is die een ding wat ons nooit weer terug kan kry as dit eers verby is nie.

Ek het deur die hulp van Robin geleer dat Tobi Jooste hierdie stuk geskryf het. Well written Tobi!

Vryheid

My swaer het laasweek sy nuwe fiets in ontvangs geneem. Op Oukers aand is daar toe sommer besluit ons moet die 27ste bietjie die nuwe skoeter gaan inwy.

Tussendeur die eterasies op Kersdag het ek sommer op Co-pilot gou ‘n roete aanmekaar geslaan. Hierdie roete het ons nog 2 keer verander en uitgewerk dit behoort so 5o0km vir die dag te wees. Spykerkuif het knap na 4:00 in die pad geval rigting Kaapfontein. Ons het so na 5:00 hier weggetrek en sommer die Klipheuwel afrit gevat sodat ons die fietse darem sommer vroeg al bietjie stofpad kan laat proe.

Stukkie teer rigting Wellington het ons die Haasekraal pad gevat. 

Spyker het met sy vorige Twin hier naby bietjie tankslap ontwikkel en jou wrintiewaar, dieselfde het weer gebeur! 

Ons het by Du Vlei padstal uitgedop. Ek het Chantelle se helmet vir Philip geleen want dit het ‘n bluetooth comms stelsel in. Hier het die comms skielik begin werk en ek en Spyker kon met die druk van ‘n knoppie met mekaar konfidireer. Ons het sommer net daar besluit ons gaan sommer Riebeeck deurry rigting Porterville. Ek en Philip het so in die ry deur die dorp vir mekaar gesê dis ‘n baie underrated dorpie. Rustig en verseker ‘n dorpie waarheen ons wil terugkom, die fietse parkeer en die dorp te voet verken. 

Riebeeck-Wes het ons weggedraai op die grondpad rigting Porterville. Die pad skop jou uit net anderkant Gouda. In Porterville het Spykerkuif gou volgemaak en ons het besluit om gou by oom Kallie te stop vir koffie. Oom Kallie en sy vrou is huisvriende van Spykerkuif se ouers en sommer ‘n lekker oom sonder drama en dinge. 

Spyker wou Dasklip-pas gaan ry en aangesien ek nog nooit daar was nie het dit nie baie gevat om my te oorreed nie. Na ‘n lekker beker koffie by oom Kallie het ons koers gekies berg toe. Die dag was werklik pragtig en halfpad teen die berg uit het ons eers gestop en die stilte en uitsig ingedrink.

Die dagwas nog jonk en die eindpunt skaars 100km van ons maar min het ons geweet dat ons nog 500km+ gaan ry om daar uit te kom.

Amper bo het Philip ‘n metaal ramp uitgewys wat die hangsweef manne gebruik om te launch. Spyker het voorgevat en ons het regdeur gery na die reservaat. Mens kan nie dink dat daar so ryke plantegroei en boerdery-bedrywighede op die berg is nie. Hulle verbou proteas, sitrus, bessies en steenvrugte op die berg. Die pad na die reservaat is geteer die laaste stukkie en die uitsig van die berg is asembenemend. 

The ying and the yang

Het so bietjie gaan soek op die net en daar is ‘n staproete of 2 wat verseker verken gaan word. Osn het teruggedraai en by Beaverlac ingedraai om te gaan kyk waaroor die bohaai is. By die hek aangekom het ons 2 omies daar aangetref, ons gesels toe so lekker dat ons amper 45min later eers weer koers gekies het grootpad toe. Tyd het ons begin inhaal en Lambertsbaai het nog wyd gelê. 

Dasklippas is ‘n mekka vir hangsweef entoesiaste en as die tale wat gepraat word op die berg enige indikasie is daarvan, is dit groot! Met die terugtog het ‘n ou ‘n hang-glider opgestel en nog ‘n paar manne het verder met die berg opgestap met hengse rugsakke. Die platvorm laer af is lyk my nie meer in gebruik nie.

Ons was haastig maar die wag was die moeite werd. Die eerste ou het gelaunch en weggeraak agter die berg, net om later weer agter die berg uit te dop en te begin klim. 

Die “updraft/thermal word as volg verduidelik: Thermals are bubbles of rising air. They might extend all the way from the ground to a cloud or they might be just a bubble.  Thermals are caused by heated air on the ground being abnormally hotter than the air above. They “break” off of any pointed object, as small as a shrub. We were taught – turn the ground upside down after a rainstorm and anywhere water would drip off is where thermals rise. It is a mistake to think thermals only happen on hot days, because temperature difference, not just warm air, causes thermals. If the atmosphere is cold and the tarmac is hot – expect a greater thermal than normal even if the outside air temperature is freezing. Www.dropzone.com

Dus is hierdie perfek vir hangsweef. Dit was rondom 11:00 en in die tyd wat ons daar was het 3 mense in die lug opgeeindig. Oom Kallie het gepraat van ‘n pad wat berglangs loop in die rigting van die N7. Die paadjie het ons bietjie gechallenge met groot klippe net mooi waar jy deur die lanings ry en “lekker” sandstukke. Ons het op ‘n kol verkeerd gery en moes omdraai. Ek het omgedraai en begin ry toe ek ‘n paar woorde in my helmet hoor wat ek nie kan herhaal nie. Wat het gebeur was my vraag. Ek het omgeval kom die antwoord. 

Teen die tyd wat ek gestop het was die fiets alweer regop. Voor Philip se regtervoet loop die pad skuins. Met die draai het hy sy voet uitgesit en die fiets se gewig het meer oorgeleun as wat goed was en hy het letterlik omgeval. Met die crashbars wat doen waarvoor mens vir hulle betaal en ‘n effense gekrenkte ego het ons die laaste stukkie N7 toe aangepak. 

Die pad van die N7 na Eendekuil word oorgedoen so ons het die 2de pad net aan die voet van Piekenierskloof pas gevat. Hier het ek alweer ‘n pad bespeur om Piekenierskloof pas grond te ry tot bo. Ons het van hier heelpad gety tot ons langs die pad eers gestop het om ‘n mannetjie te vra of hy hulp nodig het met ‘n papwiel. Hy het ons verseker hy is ok en die mis het begin sigbaar raak soos ons Elandsbaai nader.

Knap voor Elandsbaai het ons weggedraai Leipoldtville toe. En van hier die nuwe geteerde pad gery Malkoppan kampterrein toe. My tannie-hulle kamp tans daar en ek moet sê ek wil ook binnekort ‘n naweek daar gaan spandeer. Meeste van die familie was in een of ander rigting en die son het begin water trek. Ons het maar gegroet en toe sommer direk Isabellas toe gery.

Hulle sê ‘n motorfiets helmet is ‘n conversation starter. Dit was nie lank nadat ons gestop het nie of ‘n seun en sy pa kom aangestap en kom knoop ‘n geselsie aan oor die motorfietse en wat met nodig het ens ens ens. Ons het seker 20min staan en gesels toe hulle hulself verskoon en terugstap restaurant toe. 

Spyker het ‘n pizza deurgewerk en ek het ‘n geelstert en calamari combo weggepak. Na die lekker kos het ons die stofskoeters ook creamsoda gegee, ‘n draai deur die dorp gery en teerpad gevat Graafwater toe.

Net buite Graafwater draai daar ‘n pad regs af Paleisheuwel toe. Die pad het geloop soos teerpad! Die pad van Middeltuin af tot by die N7 is ook geteer en ons het goed tyd opgemaak. In Citrusdal het ons eers gestop vir koeldrank. Ceres was nog ‘n ent weg en dit was WARM!! So 10km uit die dorp kry ons voertuig nommer 2 met ‘n papwiel. 

Met die comms nog aan die tyd het Spyker gestop by die VW bussie en begin praat in afrikaans. Ek kon sien die frikkie in die Kombi kyk hom net snaaks aan, dis toe hy oorslaan Ingels toe. Gelukkig was ek entjie weg en het helmet aangehad want toe moes ek eers lekker lag. Die 2 girls wat uitgeklim het het soos gekookte krewe gelyk. Bloedrooi gebrand. Ek het agter in die kombi ‘n motorfiets gesien en so deur die gebroke engels kon ek uitmaak dis al papwiel nommer 3. Moer toe. Om in mooi afrikaans die wiel se toestand te beskryf. Spyker het gesê ons sal dorp toe ry en gaan kyk of ons bandeplek in die hande kry. Met als Blou-toe soos ou Tolla sou sê het ons na ‘n 45min teruggedraai het hulle so 5km uit die dorp gekry. Philip het verduidelik en toe het hulle maar so aangekruie dorp toe.

Met die opkyk sê ek vir Philip hy moet opkyk. Dieselfde kleur valskerm as die een wat ons by Porterville gesien het. En ons was nou net buite Citrusdal!

Met die ou wat so sorgeloos tussen hemel en aarde hang al vir ‘n halwe dag lank het dit my laat dink. Elkeen het iets wat hom of haar vry maak. En vir elkeen is dit iets anders. Sommige mense ervaar vryheid as hulle ander help, mense vind vryheid in die natuur, die klim van ‘n berg en die sonsopkoms sit en aanskou. Sommige mense kan vir ure ‘n skoenlapper dophou, ander sit ‘n halwe dag tussen hemel en aarde en kyk hoe die lewe stadig sy gang ver onder hulle gaan. Sommige mense, soos ek, vind vryheid in die draai van ‘n motorfiets se regteroor saam met goeie vriende, die smee van nuwe vriendskapsbande. Elkeen het sy eie manier om vryheid te ervaar en tog gun ons onsself so min die geleentheid om vry te wees.

Ons het grondpad geslaan en die eerste stukkie was glad nie lekker nie. Net oor die kruin van die pas het ons eers gestop vir ‘n koeldrankie.

Die volgende 90km tot by Gydopas het in radio-stilte plaasgevind aangesien my comms se battery pap was van al die musiek luister op die pad.

Reguit deur Ceres het ons mekaar gegroet by Bainskloof se afdraai. Mental note to self: bly van Bainskloof af weg as dit vakansiedag is. Gedurende die pad op is ek 2 keer vand die die pad af gery deur dronk mense. Die 2de keer het nie so goed geeindig vir die ander ou nie.

Ek het die huis darem in een stuk gehaal. Spykerkuif se afstandsmeter het as volg gewys. 

Ek was na 21:00 veilig en ongeskonde terug by die huis na 745km op die rug van Witvos. Nuwe plekke is ontdek en daar sal beslis terugegaan word Dasklippas toe. Miskien nog vir ‘n tandem-hangsweef ervaring.

Matewis oor en uit.

Wat doen jy? 

Vanmore word ek wakker.  Windstil dag en ek besluit sommer dadelik om Witvos bietjie uit te vat. Ek kry min die geleentheid en aangesien skoonma’le by ons is gryp ek die geleentheid aan.

Ek toer lekker seelangs tot by Melkbos. Langs die pad by Ons Huisie het ek ‘n karretjie gesien wat koffie verkoop. ek draai toe terug want die karretjie het my nuuskierig. Kry vir my ‘n lekker cappuccino en gaan sit rustig op die bankie daar naby.

Daar kry ek hierdie inspirerende woorde. Ironies aangesien ek in die volgende paar weke storms gaan trotseer. Op die strand is daar paar vroue besig om die strand skoon te maak. Tel plastieksakke ens op en gooi dit weg. Nou is my vraag? Wat doen jy?? Vir Moeder Natuur? Tel jy ook sakke op om ons wêreld mooi skoon en netjies te hou? Of is jy die een wat dit strooi? Gaan jou sigaretstompie by die ruit uit of gaan gooi jy dit in ‘n drom? 

Ons is geneig om te vergeet hoe lekker “the simple things in life” is. Dit draai toe uit dat die vrouens elke more joga op die strand doen. En net so terloops was daar ‘n man of 2 ook by. 

In die ratrace vergeet ons om te gaan sit en net koffie of hot chocolate langs die see te drink. Sonder om oor die volgende 30min te worry. 

Iemand het eendag vir my gesê, in die ratrace maak dit nie saak of jy eerste of laaste is nie, jy bly n rot. Ware woorde. Dit laat my sommer terugdink aan gister.

Ek gaan koop parte by ‘n bekende plek in Brackenfell en vir die afgelope 8 jaar wat ek in die Kaap bly is daar n mannetjie agter die toonbank. In die paar jaar wat ek daar kom het ek hom nog nooit nors of moeilik gesien nie. Altyd ‘n glimlag. Gister sien ek hy is bietjie opgewerk en vra toe wat skort? Sy antwoord? Hier het nou net ‘n ou verbygekom wat vir my gesê het ek is nors en dat ek moet harder werk sodat ek kan opbeweeg ens. Sulke mense laat my altyd verbaas terugstaan. My vraag aan die jongman, Geniet jy wat jy doen? Sy antwoord was ja. Toe sê ek vir hom: “If you like what you do, you will never work a day in your whole life.” Het hom gesê om die ou se opmerking agter hom te sit want ek het in my tyd hom nog nooit nors of onvriendelik gesien nie. 

SO! WAT DOEN JY? Breek jy jou medemens af? Geestelik? Emosioneel? Of bou jy hulle op?

Meeste mense dink as ek meer verdien gaan ek gelukkig wees. Meer verdien kom teen ‘n prys. Die prys is gewoonlik tyd. Gaan sit bietjie en praat met die ou by wie jy jou koffie koop langs die strand.

Ons is so gekondisioneer om die blaam te verskuif na iemand anders sodat ons tog net nie sleg lyk nie.

My vraag bly: Wat doen JY???

lekker Sondag

Vandag het ek vroegtydig bietjie my verjaarsdag gevier. Manne en dames het van heinde en verre gery. 

Ons het die roete gevat Baden Powell rylaan toe. Wat ‘n mooi stukkie pad. Op die rug van ‘n motorfiets ervaar mens die lewe net anders. Ervaar jy die natuur op ‘n ander manier. Vandag terwyl ek soos ‘n uitbundige tiener al langs die see af ry, kyk ek na die berge, die see, mense wat saam met hulle families sit en braai en kuier.

In Muizenberg en Kalkbaai loop die mense luilekker op die strand en langs die pad. Op daardie stadium tref die realiteit, ons bly seker in een van die mooiste plekke in die wêreld. 

Hoe geseënd is ons nie. En dit met die klein dingetjies. Ons kan sien, hoor, proe, voel, loop. 

Kaapstad, divers, beeldskoon. Die mense en hul dinge laat mens besef dat ons eintlik so wonderlike land het. Soveel kulture en tog leef ons almal in hom. Daar is sekere dinge wat my ook maar soms die bliksem in maak, maar die afgelope tyd werk ek hard daaraan om meer gematig te wees.

Ons het vandag n lekker klomp pelle opgetrek na Lekker restaurant in Kalkbaai.  Ek en Chantelle het al n vorige keer daar geëet en ek het sommer vooraf met Abraham Coetzee die eienaar gereel dat ek my klomp pelle wil deurbring vir n lekker kuier. Needless to say het ons vrek lekker gekuier. Ek het my hartsmense om my gehad.

Min dinge so lekker as om die dag op jou skoeter te spandeer, met goeie vriende ‘n slag op te vang. Die week weer besef die lewe is kort. Gaan huur daai Harley vir ‘n dag en gaan ry. Klim in jou kar en gaan wees n toeris. In jou eie land. Stop, stap, explore!
Matewis oor en uit 

Slakkie na Brakkie se Veldkombuis / Boesmanland Bewondering

14409458_10154556502578615_3917380311024405027_o

Soos julle kan sien van die opskrif kon ek nie besluit op die titel vir hierdie blog nie. Ek was nou vir ‘n hele rukkie stil, dit was winter en daar het nie enige epic trippies gebeur nie. Maar dit beteken nie dat daar nie gery is nie. Ek het net so bietjie die voertuig met die dakliggie gebruik.

Begin September vir die eerste keer my bakkie “off the beaten track” gevat by Brandvlei Kelder se 4×4 dag. En man was dit nou sports. Baie respek gekry vir my bakkie en ook gesien dat die dreaded sandmonster wat ek op ‘n fiets nie wil sien nie, eintlik nie so erg is nie, in ‘n bakkie.

Genoeg van dit. Slakkie na Brakkie het begin as ‘n lekker kuier so na aan die einde van die jaar. Die mense wat gaan is omtrent opgewonde en die kinders het my al ‘n maand voor die tyd begin uitvra oor hoe dit daar lyk, wat ons als gaan doen ens.  Ek kry hier begin September ‘n boodskap van ‘n vriend waarmee ek lanklaas gechat het, wanneer kom jou volgende blog uit? Behalwe my Bybel is dit al wat ek lees. Wel Wera, hier is hy nou. Dis nou tyd dat jy daai stofskoeter koop.

Die Boesmanland/Namakwaland, het ek nou al geleer in my 23 jaar wat ek daar kom, doen nie iets halfhartig nie. Dis ALLES of niks. As dit droog is, is dit bitter droog, maar as die Here die sluise van die hemel oopmaak, word hierdie dorre landskap omtower in ‘n wonderwêreld van kleur. Soos in die Tankwa was dit ‘n uitsonderlike blomme jaar nes hier in die Namakwaland. Vir iemand wie se hart na aan die grond lê was hierdie gedig baie treffend en so waar.

BLOMMEKYKERS
George Weideman

juliemaand en die familie skryf
sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereën    het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme

en end Augustus kom die konvooie
uit die kaap die baai en die transvaal
kom kombi’s en langslapgatkarre
kom trap gousblom en sporrie snuif
kom bier en braairib in die hand
die kameras die zirr en klik
van kykgat tot by kamieskroon
(tot selfs ouma nie meer kan lag nie)

julle noordwesters is darem gasvry
maar hoe leef julle sonder tv?
‘t amper vir hom gesê dankie ons sien ver genoeg
maar verdeë of hy sal verstaan
as ons ver oor die vlaktes na die weste tuur
sien ons hoe wissel kleur op kleur:
bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
en die baldadigste geel  varkensknol
saans die son pure bontkopdoek
snags die sterre ons eie silwerdoek
vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
die mis stoot oor    klaasvakie stout sê sjuut

maar as die blomme vir hulle te veel word
of die water darem te brak, dan pak hulle in
wat die oë sien en die hande kan dra:
here wat sal pam sê van die “karos” –
wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
hoe groen sal ou herbie nie wees nie!
imagine ‘n egte “tonteldoos”! dalk
kan jy die watsenaam – gat, né? –  gat-
skuur vir ‘n deurstop vat
en o ja dankievirriewildsbiltong
dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
uit hierdie godverlate gat

somtyds voel mens
jy sien net die bittergousblom
en gifmelkbos
somtyds wil mens bid
kom toemaakmis
kom trek jou sluier
kom maak jou kinders se oë toe
of oostewind
kom waai jou waai
kom waai maar
alles
moerland toe

 

Dis 8 September en elke jaar wil ek een EPIC trip doen. So raak ek aan die gesels met Jani, ‘n kollega by die werk en die voorstel kom: Hoekom nie ‘n Amazing Race hou nie?? Nou ja, nou moet sy maar help reel want ek het gedink dit is iets wat mens maklik aanmekaar kan sit. Toe nou nie.

Ons trip na Brakkie se Veldkombuis het toe ‘n lekker vooruitsig bygekry. DIS BASAAR NAWEEK OP LOERIESFONTEIN!! Nou as jy nog nie ‘n basaar op ‘n plattelandse dorpie bygewoon het nie, het jy ‘n gat in jou opvoeding. Nou my vrou gaan my heel moontlik stenig, maar in 2018 hou ons ‘n BASAAR-JAAR. Gaan besoek die klein dorpies met die motorfietse en hou saam met die mense basaar. Ek het al staaltjies gehoor van die basaar. Sekere tannies se gebak word hoog aangeslaan en sodra die doomnie klaar gebid het is die basaar oop vir koop. Volgens oorlewering sit mense hul hande op die koeke sodat niemand dit koop voordat hulle nie kans kry nie. Al selfs gehoor van ‘n tannie wat haar vinger in een van die koeke gedruk het sodat sy seker is niemand anders koop hom nie.

Om eerlik te wees was ek self seker hier vroeg in my hoërskool loopbaan laas hier met ‘n basaar. Daai tyd het ek nog met die bakkie in die dorp gery sonder enige bekommernis dat die polisie my gaan aftrek. En om iemand sonder ‘n valhelm op ‘n motorfiets te sien ry was ook niks snaaks nie. Dit was ‘n rustigheid in die dorp. Met die nuwe windlaaiers wat tans gebou word net buite die dorp is daar nuwe lewe in die dorp.

Dis die Maandag, voor die Vrydag. En ek is soos ‘n stout opgewonde kind. My ma gaan my nou seker kruisig maar Sondag-aand toe ek by die huis kom van ‘n kuiertjie in Villiersdorp by die skoonmense het ek die KTM in die garage een kyk gegee, vir Chantelle gesê ek gaan gou ‘n draai ry, om die blok en terug en toe die ou begin strip. Nou gaan die manne wat my ken vra? KTM??? Ja kêrels. Ek het ‘n pel van my en my broer, wat nou al soos ‘n kind in ons huis is gevra of my broer sy fiets kan leen vir die trip. Die rede vir dit is ons het nog nooit saam ‘n rit op die motorfietse beleef nie. Louis het gesê Miela kan hom enige tyd leen hy moet net gediens word. Nou ja terug by die hede. Ek het die Katie gou gestrip en die fietse werk eintlik verbasend maklik. 00:00 in die bed gekom en 4:00 Maandag more toe lê ek wakker. Maar opgestaan en aan die gang gekom. Hierdie week gaan slaap weer min wees.

Dit was toe ook ‘n week van min slaap. Gelukkig is ek dit al gewoond. klokslag 2:50 elke more was ek wakker. Dan kry ek die vraag? Vir wat is jy alweer wakker? Ek le en maak lysies van als wat ek moet onthou. So toe staan ek maar op en maak verder lysies in die TV kamer.  Gelukkig hou ek van sulke goed.Die Dinsdag voor die trip het ek verlof ingesit. Hlux het nuwe skokbrekers voor gekry, nuwe radio is ingebou en terwyl ek besig was is al die vaal groen liggies in die dash met LED outjies vervang. Witvos se knobblies is opgetrek vir die grondpad, shopping gedoen vir die stort ens.

20160927_081228

20160927_081221 img-20160918-wa0043 img-20160919-wa0050

Donderdag het aangebreek en ek na werk het ek die laaste paar rondjaag ure gehad.

Biltong en steak gekoop. Krat Coke by Giant gekoop en toe gejaag vir die huis. By die huis aangekom het my ouers net na my gestop. Wikus moes nog hulle goed bring, Gerhard het sy net kom haal. Toe almal weg het het die uwe begin pak. Saalsakke mooi vasgestrap en toe net toe ek wil begin pak besluit ek hoe meer spasie ek het hoe meer nonsens gaan ek rondry. Saalsakke dadelik afgehaal en my pakproses sommer baie makliker gemaak. Intussen het ek maar solank begin om die bakkie ook te pak. Bakkie het diesel gekort en eers gery om hom vol te maak. Met beide klaar gepak was dit skuins voor 11 en tyd vir die bed. Emile het ‘n krisis met sy bike klere gehad en sou eers die volgende oggend deurkom.

Die afgesproke tyd was 7:00 by Engen Cape Gate.6:20 het ons uitgetrek om Fiela te gaan aflaai. Sy sou saam met oom Anton en tannie Bibi ry. Chantelle het haar huis sleutel vergeet en ek het hom in die topbox gegooi. Louis het sy huis se sleutel in die KTM se kissie vergeet en Emile moes dit gou gaan aflaai. In die Kaap het Miela nie vreeslik rigting sense nie en ek is toe opgesaal met die taak. Groet en vlieg weg, deur die verkeer oppad na Durbanville. Daar aangekom bel Chantelle, sy het nie die huis se sleutel nie. 6:50 is ek weer oppad huis toe om die sleutel af te laai. Intussen begin die boodskappe deurkom die manne is by Engen. Nou ek is nooit laat nie. Ek haat dit en hier was ek toe nou laat. By die petrolpompe aangekom gooi ek gou bietjie Cream-soda vir Witvos net om te hoor die kaartmasjiene buite werk nie.

20160930_071528

So moes ek toe in ‘n ry gaan staan binne in die winkel net sodat ek my petrol kon betaal. Op die stadium was ek glad nie ‘n happy camper nie. Met die fietse vol Cream-soda het my foon gelui. Oom Anton hulle was by Wynland Engen. Ek het gesê hulle moet toe sommer die Klipheuwel pad vat ons kry mekaar sommer langs die pad.

Heinrich, Ruth en Liezel was oppad uit Tableview en ons sou mekaar by Wimpy kry. Hulle het so bietjie laat gehardloop en toe kry ons mekaar sommer buite Malmesbury by ‘n padstal.

20160930_080710 20160930_082837 14542456_10153846315651892_3291108585760308564_o fb_img_1475484878756 14516516_10153846314146892_2238790334009613350_n

20160930_082903
Miela probeer die BMW teken op sy baadjie toehou terwyl hy op ‘n KTM sit.

Hiervandaan het dit heel lekker gegaan. By Piketberg het Heinrich gou ingeswik vir ‘n toilet breukie  en ons het aangehou tot by die silos buite Piketberg. Hier net vinnig gestop vir ‘n ruskansie en vir Heinrich om op te vang. Oom Anton en tannie Bibi het solank gery aangesien ons my ouers, skoonouers en Christine by Kardoesie sou kry. Ons het amper almal so gelyk daar aangekom. Dit was tyd vir ‘n take-away koffie.

14484736_10153846318771892_1797922598785065989_n 14449747_10153846321291892_3912712439456458925_n 14484766_10153846316446892_2736382007221467533_n 14517433_10153846318036892_8934173013205543659_n 14516387_10153846317046892_2277179537078853495_n

14484845_10210261378631400_3479509218632840530_n 14492471_10210261347830630_8699321186269602821_n 14591693_10210261372791254_7727601726164471789_n

Die take-away koffie is gou bestel en ons het ‘n lekker koffie weggesluk. Fiela het saam met oom Anton en tannie Bibi gery en was so gelukkig soos ‘n vark in Palestina. Planne is gemaak dat ons sal afdraai op die Cederberg/Algeria pad. Van die mense in die groep, het weinig al die pad langs die dam af gery. Almal sien altyd Clanwilliam dam se wal en dis die indruk wat jy van die grootte van die dam het. Op die laagwater brug oor die rivier het ons eers gestop en bietjie fotos geneem. Fiela het die rivier se watertemperatuur saam met Heinrich gaan toets en vandaar is ons links al teen die dam af.

14449817_10153846320316892_8623390795800014113_n 14481827_10153846322121892_8047329692505717750_o 20160930_104337  fb_img_1475484896319 fb_img_1475484905454 ultimate_hdr_camera_20160930_104400 fb_img_1475484892010

Almal was verbaas om te sien hoe groot die dam werklik is. Ons het ‘n lekker plekkie langs die dam gevind en ingetrek vir ontbyt. Ek het met die beplanning van die toertjie geseê ek het net een reel. Ontbyt sal nie gekoop word nie. Dus geen Wimpy etc nie. SLEGS tuisgemaakte happies. En was die verskeidenheid nie lekker nie. Tuisgemaakte frikkadelle, kook-eiers, broodjies, koffie. Ons het die naweek omtrent lekker afgeskop.

14519802_1247566361949717_3920723557632986375_n fb_img_1475484911715 14517372_10153846328496892_9109806547011478130_n 14517366_10153846325681892_2833862186800620974_n 14502948_10153846323871892_5199590778982906020_n fb_img_1475484915291 fb_img_1475484919071 20160930_101120 20160930_11041814446202_10153846329766892_594144793714822190_n

Van hier het die roete al langs die dam af gekronkel. Clanwilliam toe. In Clanwilliam gekom sien Emile die KTM se nommerplaat het gegroet. Die vriendelike man van die Ford garage kom oorgestap en sien dit en sê sommer dadelik waar ons ‘n nuwe een kan laat maak. Intussen maak ons gou vol en Emile ry af om die nommerplaat te vervang. 45min later is hy geholpe en ons besluit om die roete bietjie aan te pas aangesien ons bang was die tyd vang ons. Van hier het ons die N7 bestyg rigting Vanrhynsdorp.

14517540_10153846331031892_3129134740469414343_n 20160930_121656

By hierdie boonste garage het wyle Tolla nog so die manne gevang met die Tolla-bakkie wat nie wou start nie. As ek reg onthou het hy toe 2 Panados en ‘n bietjie water in die tenk gegooi en daar vat die ou weer.

Op Vanrhynsdorp het ons gou volgemaak en rigting gevat Nieuwoudtville toe. Hier is ‘n welbekende motorfiets museum. Met meer as 400 motorfietse is dit nogal iets om te sien.

20160930_143213 20160930_143441

Ek het gou gaan geld trek en MTN lugtyd gekoop. Op ‘n sekere punt by die Veldkombuis is daar MTN opvangs en met die dat Chantelle met die bakkie oppad was wou ek darem op hoogte bly van hul vordering. Oom Anton het die bostrok se neus solank in Loeriesfontein se rigting gewys en Heinrich was kort op sy hakke. Ek was nie bekommerd nie aangesien ons hulle weer behoort te vang voor hulle die afdraai na Kliprand/Brakkie bereik. Dit was toe nou nie so nie. Miela ken gelukkig die pad en ek het hom laat voorvat Brakkie toe terwyl ek die res gou in Loeriesfontein gaan haal het. My pa het ook Loeries toe gery om gou 2 coolers met ys op te tel. Met die manne in die dorp opgespoor het ons koers gekies plaas toe. Miela hulle het by oom Ewie se hek gestop en daar is bietjie vloeibare verversings afgesit deur my pa. Ek het nie lang stories gemaak nie aangesien die bome al begin lang skaduwees gooi het.

20160930_155842 20160930_154821fb_img_1475484931429

Ek het Appie sommer by die ingang na die plaas raakgeloop en hy het gesê oom Klaas en tannie Danelia is reeds bo by die Veldkombuis. Ons het maar die grootpad gevat en sommer by die indraai na die Veldkombuis kry ons menige motorfietsryer se groot vrees. SAND!! Ek het sommer in die eerste 3 meter amper my stopsels losgeval maar het wonder bo wonder bo gebly. Almal is darem ongeskonde deur. Ek trek toe bo op die kop af vir ‘n fotosessie en die ander manne ry solank. 20160930_161812 20160930_162132  fb_img_1475484944153 ultimate_hdr_camera_20160930_162148

Nie te ver in die pad af nie sien ek die manne dam op. Miela het ‘n skermutseling gehad met die wal langs die pad. Met die nader-ry sien ek die plek lyk bekend. Selfde plek waar ek in 2014 so bietjie die pad byster geraak het. Later die aand sal dit toe uitkom dat Emile op die spesifieke plek met die Dakar plaas gekoop het, ek het toe in 2014 ook vir my ‘n stukkie grond gekoop en Emile het toe 2016 net die tradisie voortgesit en seker gemaak die stukkie grond behoort nog aan die Matthee-familie. Ons het hierdie die Matthee S gedoop. ‘n Bordjie sal met die volgende geleentheid geplant moet word. Gelukkig was die enigste skade aan die ego. Ons reis verder tot by die Veldkombuis het sonder voorval verloop. Daar aangekom het oom Klaas ons sommer reguit op in die kloof gewys sodat ons kon kamp opslaan. Almal het vir hulle ‘n plekkie uitgesoek en begin tent opslaan.

14463196_10153846342031892_4898890472489680592_n

My ma sê altyd. Sorg eerste dat jou kooi-goed uitgesort is. Met die tent opgeslaan het ek gou vir Chantelle gaan bel om te hoor hoe ver hulle is. Hulle was by Klawer en ek het vir Callie en Heinrich nader getrek sodat ons gou ry om hulle te gaan haal. Daniel moes al op Brakkie gewees het en Heinrich sou sommer saam met hom terugry kamp toe. Net mooi toe ons aankom na Brakkie se hek kom Daniel met die pad afgery. Heinrich het by hom ingespring en ek en Miela het koers gekies teerpad toe. Net na ons deur die trek-hek is sien ek iets beweeg regs voor in die pad. Menende dis ‘n steenbokkie. Toe ons by die plek kom waar ek die beweging gesien het dop ‘n groot rooijakkals deur die draad en draf rustig dieper die veld in. Gelukkig vir hom het ek nie ‘n skietding gehad nie en kon ek ook nie met die bakkie oor die draad nie.14480511_10205048616854060_6283638156994783169_o

Ons het vir Chantelle net anderkant Ant Grieta Skuinskoek se huis gekry. Ek het sommer my bakkie se wiel gevat en Chantelle het by Emile ingeklim. By die kamp aangekom het ons ingespring en vir Daniel gou gehelp om sy tent op te slaan. Oom Klaas, Tannie Danelia, Emsie en Appie was hard aan die werskaf langs die vuur. Voorgereg was skilpadjies, biltong en droewors en chips. Ek het so vooraf gaan proe hoe smaak die skaaprib en was die mense in vir ‘n treat!!!

14441090_10153846369761892_7247753378052288963_n 14449963_10153846364781892_3344774276038929340_n 14484665_10153846355776892_5193594103257453590_n 14516613_10153846343466892_3276712587581824405_n 14517477_10153846345481892_2433154811756703083_n 14563412_10153846344926892_6951358466470736087_n 14448885_10153846348191892_1407633033419965368_n

Met elkeen se bord gevul met primecut skaaprib, aartappelslaai, mengeslaai, boerewors en roosterkoek het daar ‘n stilte oor die Veldkombuis gedaal. Almal was vreetsaam. Dit was die lekkerste skaaprib wat ek al geeet het. En ek het al ‘n hele paar skaapribbes deurgewerk in my leeftyd. Die kersie op die koek was toe die pot met Melkkos oopgemaak word. Ons almal was vol, maar het plekgemaak vir daai melkkos. Jaco en Eduard het toe ook opgedaag uit die Kaap. Die ouer jongmense het koersgekies katel toe. Chantelle hulle het die bakkie gevat en padgevat terug Brakkie toe waar hulle die aand sou oorslaap. Ons jongspan het lapa toe geskuif en die vuur ordentlik gestook. Grappe is vertel en ons sit nog so, toe se iemand maar hier stop ‘n bakkie. Stap uit en hier staan my silwer Hilux buite. Die ruit gaan af en ‘n baie opgewerkte vrou sê ek moet nou op my motorfiets klim en hulle tot by die plaas vat. Hulle het verdwaal. Uur en ‘n half later weer terug by die kampterrein. Ek en Callie het toe maar gedwee in LangJaco se bakkie geklim en hulle agtervolg. Almal in die Hilux sit vasgepak met baba-stoeltjies of slapende kinders en Chantelle moes elke hek oopmaak. So dis 3 hekke oppad uit, en toe 3 hekke oppad terug. By die eerste hek het ons net gestop, Carel mik so na die deur se handvatsel toe die Hilux se oopvlieg. Daai donkerkop klim uit en die hek word oopgemaak. Op daardie stadium was die humeur redelik kort. Vir Callie se beskerming het ek toe voorgestel hy moet haar los dat sy al die hekke oopmaak. En toe maak sy 3 hekke oppad uit ook weer oop. Totaal 9 hekke. Nou vir die wat ‘n plaashek ken, hulle het ‘n kettingtjie aan wat om die paal gaan en weer inhaak. Tolla het die storie vertel van swingry op Citrusdal en die manne in die swings wat toe met die wegvlie met die wiel gelykhang. Nou daardie haak aan die kettingtjie het my aan die storie herinner soos die hekke oopvlie van befoeterheid.  Toe ons by die hek net na Die Hel kom sien ek bakkieligte van onder met die pad opkom. Ek en Callie draai toe om en begin maar weer die terugtog. Ek het so teen 1:00 halt geroep en verstaan van die manne het eers teen 3:00 in die bed gekom.

Saterdag oggend was almal maar traag vir opstaan. Die idee was om vroeg in die dorp te wees vir die basaar. Let wel. Die IDEE. Die uitvoering het egter nie so vlot verloop nie. Ons het sommer van die Veldkombuis koers gekies dorp toe. Die sandstukke het verbasend lekker gery so vroeg in die oggend. Weet nie of dit was omdat die grond nog koud was en of dit die vorige aand se vloeibare moed was nie. Die dorp het gewink en toe ek my kom kry gallop ek en Witvos heel voor teen ‘n lekker 120km/h! By die teerpad het ek net gewag dat almal weer bymekaar kom en toe sit ons die stuk in BASAAR toe.

20161001_083832 20161001_083835 20161001_092008 20161001_092046 20161001_092124

Die laatslaap was nie so goeie idee nie want die goete op die basaar het letterlik soos soetkoek verkoop. Daar was darem nog vleis oor en pannekoek. Ons lê toe so bietjie weg onder die pannekoek. Hier het ek toe ook vir Zanie de Villiers en haar ma raakgeloop. Die vriende wat ook van Worcester af kom maar ook nou verbintenis het met Loeriesfontein. My pa het weer vir Gezina du Toit(nee Louw), dogter van oudraadslid Elie Louw, ook afkomstig van Worcester raakgeloop. Nou kyk as ek in die wêreld is, is die dorp heel laaste op my lysie van plekke om te besoek.

Ons almal het besluit dat die volgende stop Loeriesfontein Central Traders of in kort LCT sal wees. Ons was lus vir ietsie lekkers. Ons het die hele stoep beset en die mense net voor ons het milkshakes gehad. Ek vat toe ‘n kans vir ‘n koffie-milkshake en jou wrintie-waar. Noelene se ek kan maar bestel. Op die ou einde het meeste van die mense milkshakes gedrink en ons bestel toe ‘n bord of 2 slapchips. Wat toe uitdraai om 3 borde te wees. LCT het ‘n spesiale sous en die chips is nog home-made. Nie koop in pakke en deepfry gou nie. Ek dink ek het 2 van die 3 borde chips geëet. Al agter die lekkerte en die sous aan.

14589850_10153855303621892_56842341682842852_o 14570656_10153855315591892_2928060784749559534_o 14542371_10153855303646892_1516082012628469025_o 14525048_10153855315766892_1348518113431908883_o 14615782_10153855303526892_2699734584543584865_o 14590023_10153855303536892_7229773931701444967_o 14520413_10153855316546892_9216399297930072856_n

Gedurende die eterasie het ek gou oorgestap Kooperasie toe. Hier ontdek ek toe rekke waarmee ek my bagasie op die skoeter vastrek vir BAIE goedkoper as in Kaapfontein. Ek koop toe sommer 2 stelle. Terug by LCT het ons so stelselmatig begin klaarmaak en betaal. Die volgende stop was Die Windpomp Museum. Oppad soontoe sien ek Loeriesfontein se klerewinkel regoorkant die Spar. Stop gou en hardloop daar in. Kry toe 2 pare Mohair sokkies teen R80 per paar asook ‘n USB karcharger vir die selfone. Net af in die pad en om die draai het die Windpomp/Fred Turner Museum ons tot stilstand gebring. In ‘n wêreld en gebied waar water skaars is, is windpompe letterlik die lewensaar van mens en dier dwarsoor die wêreld.

20161001_120116 20161001_120102 20161001_120426 14492507_10153846353966892_7173035298617569962_n 14481761_10205048611373923_7955545821763207437_o 14589898_10153855328071892_1140843598461393287_o 14589792_10153855328301892_2540852997842032320_o 14615854_10153855328226892_4341776794468460950_o 14612618_10153855327986892_5580798885654441506_o fb_img_1475484757956

14542600_10153855332341892_623032868956764143_o 14525139_10153855327811892_5908526428871406729_o

Deesdae word windpompe vervang met nuwerwetse pompe wat op sonkrag loop. Hulle is net vrek duur. Ons het so bietjie terug in tyd gegaan met ‘n ossewa, asbosskerm ens. Elke keer as ek hier inloop staan ek verwonderd aan hoe vindingryk ons voorvaders was en hoe goed in die natuur gebruik is om hulle lewe gemakliker te maak. Om terug te kom na die Asbos skerm toe. Die dame by die museum het vertel dat die asbosse altyd onderste-bo op die skerm gepak word. Dit help dat die water afdrup en die onderste gedeeltes van die skerm digter maak. Nog ‘n rede vir dit is dat dit enkelpunte van die asbos na bo wys en dan ‘n soort van tregter vorm wat maak dat die rook altyd na bo trek en nie warrel in die skerm nie.

Van die Museum het ons gestop om gou cream-soda in die skoeters te gooi en met die stop daar toe twee manne van Vredendal op Honda XR650’s. Hulle het ook met dieselfde pad van Kliprand af gekom. Sommer so vir die dag net ‘n draai gaan ry. Met als vol petrol het ons net na 1 koers gekies Brakkie toe. Oom Ewie het ons voorgekeer en gese ons moet gou ‘n draai maak op Graafwater. Miela het sommer voorgevat en ek het hier by Witwater kortpad gevat deur die veld. Duidelik het daar bitter lanklaas ‘n voertuig op daardie paadjie geloop en hel was dit mooi. Net my spoor in die veld en die blomme plate teen die pad.

 

By oom Ewie het ons gou ‘n koeldrankie genuttig en ek se toe ek wil sommer veld deur Veldkombuis toe ry. Heinrich se toe hulle ry saam en ons ry toe veldlangs en kry die mooiste plate blomme.

20161001_135755 20161001_135836 20161001_135858 20161001_135906 20161001_142504 20161001_142518 14492432_10153846326681892_8827509020393653900_n 14485163_10153846362311892_7795981238136964513_n 14479549_10153846359416892_6913400447500648079_n 14457373_10153846357621892_3574682461527961309_n

Oppad Veldkombuis toe het ek nog gestop vir ‘n vinnige foto of 2.

14589732_10153855332861892_2338414539622139853_o

Aangesien die trippie op kort kennsgewing gereel is het oom Klaas nie tyd gehad om stortgeriewe op te rig nie. Ek het die Dinsdag voor die trip inderhaas en heel toevallig te lande gekom by Tent & Co in Paardeneiland. Daar het een van hulle verkoopsmanne, ‘n swart outjie my gevra of hy kan help. Daar maak ek die oeroue fout, takseer die man op sy baadjie. GROOT FOUT. Lanklaas het ek sulke flinke en goeie diens gekry. Hy het my sommer gou gehelp en wat ek baie waardeer is dat hy my raad gegee het wat koste-effektief vir my sak was, maar wel dit doen wat ek wou he. Gou-kyk het hy my verlos van die note in my sak. Les vir die dag. Never judge a book by it’s cover.

Terug by die Veldkombuis. Ek en my pa, Carel en Wikus het begin om die stort aanmekaar te sit. Met als wat mooi staan het ons die stort gou getoets. Hy het werklik mooi gewerk. Plan is toe om die water met ‘n gas-burner warm te maak. Ek draai toe die gas oop net om te hoor hy lek by die regulator. Draai die regulator stywer vas en daar staan ta met die regulator in sy hand. ‘n Koue stort was ons voorland. Carel en Wikus het die stort eerste trotseer en ek het ‘n redelike tydjie na hulle ook maar moed(voggies) gevat en die stort aangedurf. Dit was koud. Maar op ‘n snaakse manier eintlik vrek lekker. Baie van die mense het die waterval gaan uitklim en dis nogal scary hoe die avonturier in mens uitkom. Ek wonder altyd wat gaan aan aan die bokant van die waterval. Waarvandaan kom die water? Is daar ‘n natuurlike dam aan die bokant? Hoe lekker was dit nie om daar op te klim nie! Het ‘n rooikat spoor gekry en ‘n klipspringertjie se spoor.

14448950_10205048518171593_4478907181970719643_n 14479621_10205048522371698_6108996004645443740_n 14484723_10205048614694006_7886722045727340469_n 14494664_10205048615334022_7265670094097886617_n fb_img_1475484799680 14608808_10153855349326892_6461807737621690503_o fb_img_1475484840294 fb_img_1475484833989 fb_img_1475484811162

Die ander mense het by oom Klaas in die huis gebad en gestort en ons hardebaarde het die koue aangevat. Verseker weet ons nou die patent werk en koud sal ons nie weer stort nie.

14589643_10153855348936892_7344207223884586717_o

Die kinders het ons heel dag al geroer oor kettie en windbuks skiet. Die windbukse het uitgekom en vandaar is daar teiken geskiet, kettie-rekke het geklap en effe later het ons die reuk van vuur gekry.

14563553_10153846341511892_4071404866067860905_n 14556756_10153855348931892_7801952442241212026_o img-20161005-wa0165 img-20161005-wa0161 img-20161005-wa0160 img-20161005-wa0159 img-20161005-wa0157 img-20161005-wa0156 img-20161005-wa0155 img-20161005-wa0151 img-20161005-wa0147 img-20161005-wa0149 img-20161005-wa0145 img-20161005-wa0144 img-20161005-wa0142 img-20161005-wa0141 img-20161005-wa0138

Op die spyskaart was skaapnek, soet butternut met heuning en kaneel oor, orige aartappelslaai en ‘n lekker beetslaai. Die skaapnek en butternut is in die klei-oond gaargemaak. Iets wat die stadsjapies nie ken nie. Ons almal het gaan posvat in die boonste skerm en die vuur het die omliggende rotse met drogbeelde laat dans.  So met die skemer het Christine ‘n panoramiese foto geneem van die boonste skerm af. Met die dat sy inzoom op die foto ontdek sy dat sy ‘n spook afgeneem het.

whatsapp-image-2016-10-12-at-07-15-13

Die veelbesproke foto

Oom Mic, een van die groot plaaslike geeste het ‘n spesiale uitnodiging gekry. Met sy hees stem mag hy maar ‘n storie vertel. In my 23 jaar wat ek hier kom het ek nog nooit dieselfde storie 2 keer gehoor nie. En oom Mic mag maar ‘n storie vertel. Met die dat Christine die spook afgeneem het kom die storie van Oom Faan tevore. Nou as jy die storie wil hoor, moet jy maar die Plaaskombuis kom besoek. Neukery is net oom Mic gaan nie die een wees wat dit vertel nie. Die manne het die bakkies nader getrek om die voetbal oor die draadloos te luister.

img-20161005-wa0188 img-20161005-wa0186

Oom Mic en Miela

img-20161005-wa0185 img-20161005-wa0183 img-20161005-wa0190 img-20161005-wa0189 img-20161005-wa0182 img-20161005-wa0181 img-20161005-wa0180 img-20161005-wa0179 img-20161005-wa0178 img-20161005-wa0177 img-20161005-wa0176 img-20161005-wa0175 img-20161005-wa0173 img-20161005-wa0172 img-20161005-wa0171

20160930_190609 14601133_10154578113473615_6198844157978456612_n 14520575_10154578112823615_2613244628839748225_n

img-20161005-wa0164 img-20161005-wa0109 img-20161005-wa0107 img-20161005-wa0106 img-20161005-wa0052 img-20161005-wa0051 img-20161005-wa0050 14484665_10153846355776892_5193594103257453590_n 14470593_10153846369276892_8940355261901197621_n

14615777_10153855349776892_4205498916151494990_o img-20161005-wa0169 img-20161005-wa0166

Ons het toe gaan draai by witspoke, swartspoke en vaalspoke. Daar is later ‘n bottel melktertjies uitgetrek om die koeligheid so bietjie te verjaag. Oom Klaas en tannie Danelia het laat weet die kos is reg en was ons in vir ‘n treat. Die vleis het van die skaapnek afgeval. Butterskorsie met heuning en kaneel. Almal het hulle blinkbek geeet. Nagereg was melktert en lekker koffie.

14563313_10153846377091892_8349294589014990742_n

Die span wat in die huise geslaap het, het nog so rukkie gekuier en toe huiswaarts gekeer. Ek het die jongspan so bietjie met die bakkie uitgevat om die naglewe te gaan sien. Ek het so rukkie terug ‘n lekker spotlight gekoop vir min geld en dit was perfek vir hierdie uitstappie. Ons het steenbokkies gesien, bakoorjakkelse, 2 trek-springbokke, skape en ‘n bakkievrag hase! Met die terugkeer het ons ouer jongspan het weer vuur gestook en lekker in die lapa gekuier. Ek het later besluit om te gaan oe rus aangesien ons die volgende dag weer die 500km terug Kaap toe moes aanpak. Deur die nag het die wind opgekom en geruk aan die tente. Ek het die wind so rukkie lê en luister en toe opgestaan om die storthokkie af te slaan. Met die storthokkie afgeslaan het ek teruggekruip in my tent en moet sê toe het ek vir dood geslaap. vir so uur en ‘n half. Ons almal was maar traag om op te staan. So stuk-stuk het ons ontwaak en afgestap Veldkombuis toe. Die eerste manne het die ketel/urn opgestart vir ‘n welverdiende koffie.

Appie het vroeg al opgedaag en daar is sommer dadelik ‘n bulvuur gemaak. Nie lank na dit nie het oom Klaas en sy span aangeland en daar is in alle erns begin met ontbyt. Roer-eier, kaasworsies, bacon, brood, roosterkoek, skuinskoek, gebraaide uie en mushrooms, oorskiet skaapnek, skilpadjies, skaaprib en gebraaide tamatietjies was op die spyskaart. Ons het aangesit vir ‘n feesmaal!

img-20161005-wa0065 img-20161005-wa0074 img-20161005-wa0073 img-20161005-wa0070 img-20161005-wa0069 img-20161005-wa0064 img-20161005-wa0066 img-20161005-wa0062 img-20161005-wa0061 img-20161005-wa0063 img-20161005-wa0058 img-20161005-wa0057 img-20161005-wa0055 14457387_10153846371971892_7096877726504010172_n img-20161005-wa0076

Na ons die innerlike verkwik het, het die opruim en oppak begin. Dis altyd die gedeelte wat ek die meeste haat. Ons het stelselmatig begin opruim en die voertuie begin laai. Daar is lasate paar fotos geneem en ‘n groepfoto.

14516554_10153846370546892_5440467115972787933_n

img-20161005-wa0133 img-20161005-wa0132 img-20161005-wa0129 img-20161005-wa0128 img-20161005-wa0127 img-20161005-wa0125 img-20161005-wa0122 img-20161005-wa0121 img-20161005-wa0120 img-20161005-wa0118 img-20161005-wa0116 img-20161005-wa0113 img-20161005-wa0112 img-20161005-wa0110 img-20161005-wa0099 img-20161005-wa0098 img-20161005-wa0096 img-20161005-wa0095 img-20161005-wa0082 img-20161005-wa0077

Nadat als gelaai is het ons gou ‘n laaste stop op Brakkie gemaak om te groet. Maar voor ons die grootpad aanvat het Callie en Lana besluit hulle moet darem net eers vir hulle ‘n stukkie grond koop. Op die laaste 5m sand. Gelukkig was daar nie skade nie en die spoed was baie laag. Van Brakkie af is ons Graafwater toe om vir Eduard op te tel. Oppad het Callie gevoel sy Swart Hings se agterste skokbreker is nie meer met ons nie. Ons het gegroet by oom Ewie hulle en Ilana het saam met my gery tot by die teerpad. Oom Anton en Tannie Bibi was glad nie haastig nie en is vandaar dorp toe om eers bietjie te gaan rondloop. Ons het maar die krane oopgedraai aangesien ons nog ‘n redelik afstand gehad het wat voorle. Vanrhyns pas het ek op nommer 99 die afdraai na regs geneem om by die boonste uitkykpunt te stop. Callie was te vinnig en besluit toe om die onderste afdraai na regs te vat. Ligte foutjie aangesien daai pad omtrent sleg was. Callievallie het seker gemaak hy besit genoeg grond in die Noordkaap en hom nog ‘n stukkie aangeskaf. Wikkels het gou gehelp dat hulle die skoeter optel en ons het maar op veiliger grond gestop vir ‘n paar fotos. Vanrhynsdorp het ons volgemaak en ons volgende stop was Kardoesie waar ons net sou finaal groet. Ons het Kardoesie net oopgevang en gou ‘n bordjie slaptjips afgesluk met ‘n melkskommel. Net voor Citrusdal het die Kat ‘n voeltjie gevang wat saamgery het tot by Kardoesie.

20161002_143809 20161002_143816

Ek het hierdie foto op Gesigboek gelaai en ‘n vriend van my lewer toe hierdie pragtige kommentaar wat die Knersvlakte so mooi opsom: ” So wyd soos die Heer se genade.” – Andre Rossouw

20161002_143819 20161002_143851 20161002_143902 20161002_144212i 20161002_144240 20161002_144246 20161002_144327 20161002_144821 20161002_144823 20161002_144825 20161002_172310 20161002_172314

Ons het almal gegroet en my ouers het afgedraai Porterville toe en ons het vir oulaas gou petrol ingegooi in Piketberg. Die laaste ent pad het ons gewikkel en was so rondom 19:00 almal veilig by hul bestemmings. Goed gatlam, maar tevrede. Na my aankoms by die huis het almal laat hoor hulle is veilig. Die volgende boodskappe was wanneer maak ons weer so? En gaan ons volgende keer langer bly?? Nou ja. Lyk my 2017 is reeds vol en hy moet nog aanbreek!!

As jy Namakwaland toe kom huil jy twee keer. Wanneer jy daar aankom en wanneer jy weer daar weggaan.

Namakwaland, mag die Here ons spaar om volgende jaar weer in jou buidel te kom nes-skop. Al is dit net vir ‘n naweek.

Matewis oor en uit.

 

Karoo Kinkels

Soos julle reeds gelees het uit die vorige blog – Weskus Hokkie Weskus Hemel was die trippie na Die Hel reeds in wording en eintlik klaar beplan. Verblyf was effe van ‘n issue maar die stofpad gode het gekyk na ons en dinge so laat uitwerk soos ek oorspronklik wou ry.

Van die begin af het 5 man vasgemaak, en 3 moes nog toestemming by die regering(pantoffel), die werk, of die bankbestuurder kry. Dus was ons ‘n vyfmanskap. Ek, Spykerkuif, Hommel, Wikkels en Callievallie. Zack het onder groepsdruk geswig en sommer sy geld ook betaal. En toe word ons 6. Almal het sommer dadelik hulle gelde oorbetaal en die plekke is almal betaal en bevestig. Die roete het in die aanloop so 2 keer verander en actually langer geraak as wat oorspronklik beplan is. Als moes reg wees. Pannier racks en self-opblaasmatrasse is ingevoer uit Port Elizabeth, spotlights is aangesit op fiets, nuwe bande is gekoop en oorgetrek. Fietse is gediens, remme vervang als in afwagting op die naweek van die 29ste April.

DSC_0158

VLNR: Hommel, Kat(Ek), Spykerkuif, Sak, Callie, Wikkels

Daar is besluit ons moet ‘n braai hou. Sodat almal weet wat om te vat en sodat ons nie dupliseer nie. Spasie is beperk en elkeen wil net die nodige saamry. Vrydag aand 8 April kom ons almal toe bymekaar vir ‘n braaitjie met ‘n slaaitjie. Spykerkuif het die manne almal ontmoet, vrouens het in die kombuis vergader en die kinders het die hele werf vol baljaar. Lang storie kort het ons so lekker gebraai dat ons teen 2:15 die volgende oggend nog steeds nie eintlik oor die benodighede vir die trip gepraat het nie. Almal die volgende dag die GS Trophy challenge gaan kyk het by Zone 7. Ons almal was dit eens dat ons een ding weet. Elkeen ry met sy eie fiets. Dis nou vroeg Sondag-oggend 17 April soos ek hier sit en skryf. Ons weet nog steeds nie wie vat wat nie. Whatsapp sal maar later ingespan word om gou die ou dingetjies te reel

Ek het ook so onder die radar die volgende 2 fotos gekry.

Nou kyk, as ‘n man al 3 weke voor ‘n trip sy fiets so pak dan is hy lus vir ry. Of hoe Spykerkuif??
Ons het gou ‘n bymekaarkoms gereël by Kriges en net die laaste fynere detail bespreek. Met elkeen wat weet wat hulle moet bring is ons uitmekaar en het die dae begin aftel tot Vrydag. Ek was in die bevoorregte posisie om van die Woensdag al af te wees en het bietjie dinge rondom die huis gedoen en so stadig my fiets begin pak. Die idee was om Donderdag middag deur te ry Worcester toe, vinnige koffie by my ouers en dan deur na Spykerkuif waar ek die aand sou oorslaap.

DSC_0003 DSC_0004 DSC_0005
Daar was ‘n ernstige weather-warning uit vir swaar reën en wind en selfs sneeu op die hoërliggende dele. Ek het die weer angstig dopgehou en sommer by voorbaat al my bagasie in swartsakke gesit. Die aluminium saalsakke is ‘n redelike duur uitstappie en moet nog aangepak word. Ek het vir Chantelle gegroet en in die pad geval. Witvos gou vol petrol gestamp en die stuk ingesit Worcester toe. Pas oor. Net so aan die begin van die pas kom ek agter Witvos se flikkerligte is dood. Asook die spotlights en my dashboard ligte. Ek het maar vandaar ernstig die regteroor gedraai sodat ek nog gou by my ouerhuis die tenk kon afhaal en kyk wat fout is. By die huis gekom was dit 5 minute toe is Witvos se tenk af en al die drade en plugs ensovoorts op hande om gou te kyk wat is fout. Pa het ‘n multimeter uitgepluk en begin lesings vat. Moet sê dis een ding wat ek love van my 1150, hulle is BAIE maklik om aan te werk en jy kan met min moeite by als uitkom.

Ek het onlangs aangesluit by ‘n nuwe groep manne wat ook almal 1150’s ry. Een vragie en 2 antwoorde later het ek die fout gekry. Gotta love the 1150 Owners group!!  Vinnige trippie Autozone toe, R97 en ‘n nuwe relay verder is Witvos weer belig soos ‘n vliegtuig wat kom land. Ek het een van moeder se befaamde panbroodjies gehap, lekker rustig koffie sit en drink en gou bietjie opgevang. Skuins voor 6 het ek gegroet en die kort rit gevat na Spykerkuif. Die weer het ernstig begin opsteek en die wind het ook baie opgetel. Ek en Spyker het lekker vuurtjie aangesteek en ‘n Kapteintjie genuttig soos ons gebruik nou al geraak het as ons saamkuier. Robert (Old School Biker) het ook ingeloer en kom hallo sê.

DSC_0007 DSC_0006

Ons het ‘n lekker worsie gebraai vir hotdogs en so met die braai saam het die druppels begin val. Ek sit en hou al vir ‘n maand lank die weer dop en het geweet hierdie gaan ‘n groot storm wees maar hy gaan vinnig oor wees. Ek het die manne mentally voorberei op ‘n nat Vrydag op die fietse asook redelik wind.

Deur die loop van die nag het ek maar min geslaap. Dis gewoonlik so voor ek ‘n trip aanpak maar met die weer wat so goor gelyk het was ek net nog meer on edge. 3 Manne, Zack(Sak), Carel(Callievallie), en Wikus(Wikkels) moes die volgende oggend 5:00 uit die Kaap ry.

Skuins voor 5 het die foon begin mal gaan met boodskappe en jaloerse manne wat laat weet ons moet dit geniet ensovoorts. Die manne was oppad en ek en Spyker het ons eerste beker koffie deurgewerk. Die manne het almal veilig arriveer.

DSC_0008

Almal behalwe Hommel. So teen 6:33 kry ons ‘n boodskappie. Ek ry nou. Net na 7:00 bel ek vir Hommel. Hy is nou in Villiersdorp.

Met die dat ons wou wegtrek by Spykerkuif wil Sak se fiets nie start nie. Gou jumper kabels uitgehaal en daar dreun die ou weer.  Ons het afgesit Laerskool Worcester Oos toe. My alma mater en ‘n skool waarheen ek tot vandag toe nog gereeld teruggaan. My moeder is ‘n Graad R onderwyseres daar en hulle tema vir die week was beskermende klere.  Ons het bietjie ons klere vir die kinders gaan wys sodat hulle eerstehands kon sien en voel hoe ons aantrek.

11259082_1691126911150219_1375335442541404061_o 13071730_1691127414483502_293333804905748811_o 13071805_1691126337816943_811393580549442302_o 13086860_1691126297816947_7765238917397957987_o 13112845_1691127311150179_2047678562701455030_o  13122974_1691126424483601_2779767685469239019_o DSC_0012 DSC_001313115993_1691126704483573_4728743589430500880_o

Hommel het met groot gejuig ook die pad gevind tot by ons en het toe sommer ingestaan sodat die kinders kan sien hoe lyk iemand met al hulle klere aan.

Intussen is daar besluit Sak se skoeter kort ‘n nuwe battery. Goukyk toe is die ou battery uit en my pa en Sak oppad om ‘n nuwe pas-aangeeër vir die fiets te soek.

20160429_074911

DSC_0010 DSC_0009 DSC_0015

Soos julle kan sien kyk Sak se vrou mooi na sy vel. Nivea for men nogal!!

20160429_081708

Kinders het intussen na ‘n fotosessie weer hasepad gekies terug klassies toe en my ma het koffie aangedra om bietjie die koue te verjaag. Sak en my pa het teruggekom en so gou soos nou het die fiets weer gedreun. Die ooppad het ons almal geroep en ons het padgevat rigting Matjiesfontein. Net buite Worcester het die reën so saggies begin uitsak. Van bo-op Hexrivier pas was dit aansienlik harder tot in Touwsrivier. Hier was reeds ‘n paar fietse onder die skadu-nette ingetrek en ons het gou die tenke vol petrol gemaak.

20160429-IMG-20160429-WA0013

Van Touwsrivier af het ons BITTER swaar gery. Dit het sommer ernstig gereën en die pad was baie besig. Wat dit erger gemaak het is die trokke. Die risiko om verby te steek verdriedubbel as gevolg van die sproei wat die trokke se wiele opgooi.  Matjiesfontein se afdraai kon nie gou genoeg opduik nie.

Op Matjiesfontein het ons ‘n welverdiende koppie koffie gesoek. Die koffie raak toe sommer 6 cappucinos. Iemand bespeur toe ‘n biltong broodjie en dit raak toe 6 biltongbroodjies. Dit sou die verloop van die naweek geword het. WANT. Ons is mos maklike mense.

20160429_103012 20160429_100407

20160429-IMG-20160429-WA0015  DSC_0018DSC_0022 DSC_001620160429_104510 DSC_0017  DSC_0019 Ultimate_HDR_Camera_20160429_100821

In die reën het ons arriveer, in die reën het ons vertrek. Van Matjiesfontein noord in die rigting van Sutherland het ons omtrent konstant teen ‘n FRIS wind gery wat gepaardgaan met reën. Van voor. Ons het op ongeveer 10km van die hele stuk pad tussen Matjiesfontein en Sutherland nie reën gehad nie. Met ons aankoms op Sutherland het ons sommer direk petrolpompe toe gery en volgemaak. Witvos se petrolverbruik is normaalweg rondom 17km/l, hierdie wind/reen episode het my te staan gebring op 14.62km/l.

20160429_123202

Wat is ‘n besoek aan Sutherland dan nou sonder ‘n besoek aan die hotel. In die hotel het ek sommer dadelik tuis gevoel. Die bar in die hotel duidelik deel van my gemaksone as mens na sy naam kyk.

DSC_0024  DSC_0026

20160429_125223

20160429-IMG-20160429-WA0023

Na ‘n lekker Kaptein en Coke het ons Sutherland vaarwel geroep. Volgende bestemming Merweville.

20160429_133408 20160429_133434

Oppad na Merweville het ons grondpad gevolg. Aanvanklik was niemand vreeslik opgewonde om bande af te blaas nie en ek het sommer voorgevat en gery. Daar het so regte fyn Kaapse reentjie uitgesak. Net genoeg om jou gesig nat te maak as jou visor oop is, net te min om die water te laat afloop as jou visor toe is. Dit het die ryery bemoeilik. Ons het toe die reën skietgee gestop en toe word daar bande afgeblaas.

DSC_0027 DSC_0032

20160429_142933 20160429_142305

Ons is Rammelkop pas in die reën af en ek moet sê dis nogal iets om te beleef. Aan die onderkant van die pas het ons net gestop om weer te regroup. Ek het al staande aangery gekom, gestop, steeds staande(fout nommer 1) en die handvatsels ‘n aks na regs gedraai(Fout nommer 2). Witvos het liggies na regs gekantel ek het gou wydsbeen my voete geplant gekry en die fiets probeer regop hou. Nou 250kg kan jy net vir so lank ophou. Ek het boedel oorgegee en Witvos so sag moontlik laat val en gespring. Witvos het mooi op sy sy gaan lê(dankie vir crashbars). Voordat die kameras nog uit was het Spykerkuif my alweer gehelp om hom op sy wiele te kry. Ek was die eerste casualty vir die naweek.

20160429-IMG-20160429-WA0036 20160429-IMG-20160429-WA0038 20160429-IMG-20160429-WA0034

Die res van die rit het sonder voorval verloop tot in Merweville.

20160429_143750 20160429_143753 20160429_143829 20160429_142943 20160429_143743

Merweville was eintlik vir my nogal ‘n hoogtepunt aangesien ek die tv-reeks Die Boekklub slaafs gevolg het. Ongelukkig met die weer het ons nie vreeslik tyd in Merweville spandeer nie. Ek wil defnitief teruggaan en sommer een aand in die dorp oorslaap en verken. Dis nogal ‘n mooi klein dorpie en die kerk is prominent soos in amper enige Karoodorpie. Ons het voor die kerk stilgehou vir ‘n vinnige foto-sessie.

 

DSC_0036 DSC_0041 DSC_0043

By die kerk is daar ‘n oorgang oor die kanaaltjie vir voetgangers. Sak het die voortou geneem en het sommer hier oorgery. Ek het gevolg en Hommel het besluit hy kan nie agterbly nie. MAAR. Hy het vergeet van sy panniers. Daar was ‘n dowwe knal en Hommel het sy linkerkantste pannier bietjie karakter gegee. Gelukkig was daar geen ander skade nie. Die plan was om grondpad langs te ry tot by Leeu-Gamka. Tyd het ons ingehaal en ons moes maar die teerpad vat tot by Prins Albertweg. Vandaar was dit reguit Leeu-Gamka toe om die nodige koeldrank ens te kry vir die aand. Ons is weer terug in die rigting van Prins Albertweg en het die Kruidfontein afrit gevat Abrahamskraal toe.

Vriende van my ouers besit Abrahamskraal en het dit omskep in een van die mooiste trou venues en ‘n prag gasteplaas. Een ding van die Karoo, maak nie saak waar jy jou bevind nie, die agtergrond is die perfekte backdrop vir ‘n mooi foto. Met die aankom op die werf het oom Johan sommer aangestap gekom. Ek het sommer dadelik tuis gevoel toe ek gegroet word met sy kenmerkende stewige handdruk en hy wat altyd sê: “Matthee, welkom hier by ons”.  Die manne het hulself sommer voorgestel en oom Johan het ons sommer gaan wys waar ons kampplek vir die nag is.

DSC_0045 DSC_0046 DSC_0048 DSC_0044

Om als in perspektief te bring het ek sommer paar fotos ingesit van hoe Abrahamskraal gelyk het 7 jaar terug. Ek het met skok verneem die laaste keer wat ek op die plaas was, was met my pa se 60ste verjaarsdag.

103_7154 103_7156 103_7157 103_7162

EENDAG, sal ek my eie karoo huisie hê

103_7166

Bo die einste saaltjie waarin ons geslaap het

103_7206

Oom Johan heel regs

103_7209 103_7214 103_7218 103_7244

Ons het van lank voordat daar enige sprake was van ‘n gastehuis gereeld naweke hier op die plaas kom spandeer. Toe was daar geen krag, warmwater het gekom van ‘n donkie buite die huis en kerse vir lig. As kind het ek geleef vir hierdie naweke, want daar is skaap gewerk, gebraai en teiken geskiet. Hopelik kan ek eendag my kind dieselfde bied en so in die natuur grootmaak.

Oom Johan het gedagte gekry en gese as ons wil kan ons sommer in die saaltjie slaap, dan hoef ons nie tente op te slaan nie. Hierdie was ‘n heavensent en almal het sommer dadelik ingestem. Ons is die saaltjie gewys en die manne het sommer vinnig begin afsaal. Ek het vir tannie Hestie raakgeloop en eers bietjie gesels. Haar seun Dihan en sy verloofde saam met die toekomstige skoonfamilie het na die trou-venue kom kyk.

Een ding wat ek van my ma geerf het is die feit dat jy eerste sukkel om jou slaapplek reg te kry. Sy, en so ook my ouma het altyd gesê: “My kind, voordat jy enige iets doen, sorg dat jou kooigoed reg is.”

DSC_0051

IMG_7428 20160429_173616 20160429_192255 20160429_192258 20160429_192312 20160429_192329 20160429_205945 20160429_173606

Ons het vooraf met tannie Hestie gereel vir ietsie vir die binneste en allamapstieks. Was dit nou ‘n lekker affere! Lekker dikgesnyde skaaptjops, boerewors, aartappelslaai, wortelslaai en natuurlik roosterkoek!! Ons klere was goed nat en wat is dan nou beter om klere droog te maak as ‘n lekker vuur. Spykerkuif het vir ons die chops meesterlik gebraai en ons het soos konings geeet. Na ‘n laaste koffietjie het ons gaan inkruip. As ek so na die snorkery geluister het, het almal van hulle motorfietse gedroom en dreungeluidjies gemaak. Sommige van die manne met free-flow pype en ander met standaard uitlaatpyp.

Ultimate_HDR_Camera_20160430_065831 Ultimate_HDR_Camera_20160429_173847 Ultimate_HDR_Camera_20160430_065112 Ultimate_HDR_Camera_20160430_065127

20160430_084711 20160430_084714 20160430_074419 20160430_074436 20160430_074458 20160430_084656 DSC_0080 DSC_0054 DSC_0056 DSC_0058 DSC_0062 DSC_0067 DSC_0072 DSC_0076

Na ‘n goeie nagrus en lekker oggend koffie het ons so stelselmatig begin oppak. Die aanvanklik plan was om Meiringspoort te gaan ry Saterdag oggend maar deur die loop van die aand se braai het dit verander. Ons gaan Prins Albert bietjie verken en so ligte rusdaggie vat. In retrospek ‘n baie goeie besluit aangesien ons dan die slaghuis nie oop sou kry nie. Met die oppak het ons besluit om so laaste foto by Abrahamskraal se oorspronklike hek te neem. Nou die hek het ‘n baie unieke storie. In die verloop van elke troue wat op die plaas gehou word, gaan die paartjie en hang ‘n slot met hulle name en die datum op die hek. Indien daar kinders gebore word en hulle kom dan weer op die plaas word daar ‘n klein slotjie aan hulle slot gehang.

 

20160430-IMG-20160430-WA0012 20160429-IMG-20160429-WA0044 DSC_0082 DSC_0083 DSC_0084 DSC_0085 DSC_0086 DSC_0087 DSC_0088 DSC_0089

Natuurlik moes ons ‘n foto kry by die ingang na die plaas.

DSC_0098 DSC_0091

Die pad Prins Albert toe het gevoel soos teerpad. En ai, daai lekker walle so entjie voor die dorp. kan mos ‘n fietsie so effe airborne maak!!

In die dorp het ons eers so draai deur die dorp gery en toe besluit op die Coffee Shop langs die Hotel.

DSC_0100 DSC_0099

Aanvanklik kon niemand eintlik tot ‘n besluit kom oor wat hulle wil eet nie. Wikkels het prontuit gesê hy eet omelet. Op die ou einde van die dag, eet al 6 toe omelet, en al 6 cappucino!

Wikkels was so bevoorreg om in ‘n Kokkedoor bord bedien te word.

DSC_0102 DSC_0103

Reg oorkant die Coffee Shop het ek die bordjie Soetkaroo bespeur. Ek het voor die tyd gaan oplees oor goed om te doen in Prins Albert. Soetkaroo proe was hoog op die lys en ek moet sê dit is verseker ‘n stop werd.

Ons het gou gaan uitvind oor die proe-tye en vandaar ‘n draai gaan maak by die mini-olyffees op die skougronde. Ons is terug Soetkaroo toe en daar het ons sommer lekker wyn geproe.

DSC_0105 DSC_0101 DSC_0104 20160430_120309 IMG_7431

En so bietjie vrae gevra en meer geleer oor hierdie besonderse wyne. Ons het opslag ‘n bottel van Suzie se soetes gekoop want ons het geweet die Hel gaan koud wees. Ons het die motorfietse sommer net daar gelos en oor die pad gestap slaghuis toe. Ons het net gery toe ek nog ‘n 1150 bespeur. Dis manne wat op die 1150 Owners groep is. Ek het sommer net daar gestop en gaan bladskud. Eers bietjie gesels en toe kom gesels al die manne. Die arme manne is amper in die donker in die Hel af en Baviaans ook in die donker gery.  Was lekker om slag ‘n gesig by die naam te kon sit!

Die slaghuis was ‘n byenes van bedrywigheid. En net soos ek hou van ‘n plattelandse slaghuis. Klein en persoonlike aandag. Ons wou 6 T-bones hv maar met die fietsry die naweek op die dorp was die T-bene uitverkoop en daar het nog een so 4cm dik agter op die tafel gelê. Die manne het toe maar besluit op Rump. Ek het dwarsgetrek en gese ek soek daai T-bone. Nou ja ons het die steaks mooi gaan wegpak in ons fietse en gou na die plaaslike grocer gery. Moet sê dit was ‘n redelike teleurstelling. Geen brood, geen aartappels, geen uie, geen mushrooms. Needless to say eet ek nie steak sonder mushroomsous nie. 4 blikkies creamed mushrooms later was ons geholpe. Enigste probleem was geen kardoesies nie!! Zack en Carel het toe sommer gou plan gemaak met lekker pastaslaai wat ons van die rak af gekoop het. Cokes is in 1liter bottels gekoop aangesien dit baie makliker in gaatjies gepak kan word. Daar is gou plek gemaak op die fietse vir die kos.

Ons moes een laaste stop maak. Die Bushpub.

20160430_121941 20160430_122109 20160430_122055 20160430_122101

Een dop later het die berg geroep. Swartberg. Ons het koers gekies uit die dorp. Die fietsry was nog aan die gang en ons is gewaarsku dat ons maar moet op die uitkyk wees vir fietsryers wat berg-af kom.

Vir enige persoon wat nog nie die Swartberg pas gery het nie, is die eerste keer op ‘n motorfiets deur die pas intimiderend om die minste te sê. Ek is al met ‘n kar oor die pas, en op ‘n stofskoeter kom mens eintlik eers agter hoe baie jy mis. ‘n Motorfiets het geen dak wat jou uitsig belemmer nie. Deur die eerste waterdriffie het ons eers gestop. Soos mens dieper inry is dit asof ‘n wonderwêreld rondom jou ontvou en die berge letterlik oopskuif om jou in te laat in sy diepste donkerste geheime.

20160430_132538 20160430_132535 20160430-IMG-20160430-WA0035 20160430-IMG-20160430-WA0037 20160430-IMG-20160430-WA0039 DSC_0109 DSC_0106DSC_0107

 

DSC_0108

Die rotsformasies in die pas is werklik iets besonders. Ek sal nog weer deur die pas wil gaan teen ‘n nog stadiger spoed. Ons het so sporadies gestop op draaie waar mens mooi ver kan sien en mooi fotos kan neem. Groot was almal se verbasing toe ons ‘n frikkie oppad af teen die pas raakloop. MET ‘n RESIESFIETS!!! Offroad bande opgesit en die man pak wêreld!

DSC_0116 DSC_0111 DSC_0115

Oppad na die draaipunt was daar paar lekker hobbels en wat is dan nou lekkerder as om die oor so bietjie te draai as jy oor ‘n hobbel gaan. Al staande vind ek toe uit 3de rat en ‘n handvol regteroor op die regte tyd laat Witvos sy neus optel oor die hobbels en dan sit jy hom later weer sagkuns neer. MAN toe raak dit lekker. Ons het die boonste punt van die pas bereid waar ons moet wegdraai na Gamkaskloof, of soos dit beter bekend staan. Die Hel.

20160430_134831 20160430_142218 20160430_134943 20160430_135022 20160430_134943 DSC_0120

20160430_134901

KAAPSE KLOPSE HET NIKS OP MY NIE!

20160430_134921

Hier het ek my fiets amper vir die 2de keer neergesit.Met die reen was die grond baie sag. Ek klim rustig af en daar voel ek die fiets agtervolg my! Balanseer hom mooi op sy sidestand en toe kos dit alle krag om hom terug te druk op sy wiele! In die momentum het ek hom sommer vorentoe ook gestoot en seker gemaak hy staan op stewige aarde. Bietjie op in die pad was daar ook ‘n groep bikers. Ons het opgesaal en die rit in na Gamkaskloof het begin.

DSC_0123 DSC_0121

Die eerste gedeelte is bitter klipperig en ons het ‘n paar manne op fietse raakgeloop oppad in die Hel in!! Al trappende. Respek vir die manne en dame. Dit wil gedoen wees. Ons het agfetrek en die ander groep bikers laat verbygaan. Meestal 1200’s.

Met die stop het Spykerkuif gesien die een Coke op Sak se fiets spuit ‘n straal. Die hakkie het deurgeskuur en gemaak dat die bottel lek. Daar is ‘n paar watercrossings en ons almal is relatief maklik deur hulle.

Op die laaste draai voor die laaste sak tot in Die Hel het ons gestop. Dis ‘n goeie uitkykpunt oor die vallei asook om te sien of daar enige voertuie oppad uit is. Daar het ‘n V8 Diesel Cruiser teen die bult uitgekom en gestop. Ons gesê daar is nog ‘n paar karre oppad. Nou kyk, min dinge laat my hart vinniger klop. Maar daai Cruiser?? SJOE. Eendag.

Terwyl ons wag het ons die tyd gebruik vir ‘n paar fotos.

DSC_0153 DSC_0154 DSC_0155 DSC_0156 DSC_0157 DSC_0158 DSC_0159 DSC_0160 DSC_0126 DSC_0134 DSC_0135 DSC_0136 DSC_0137 DSC_0138 DSC_0139 DSC_0140 DSC_0141 DSC_0142 DSC_0143 DSC_0144 DSC_0145 DSC_0146 DSC_0147 DSC_0148 DSC_0152

Ultimate_HDR_Camera_20160430_151119 Ultimate_HDR_Camera_20160430_151729 Ultimate_HDR_Camera_20160430_151845 Ultimate_HDR_Camera_20160430_150957

Met die laaste voertuig verby het ons die kort en vinnige sak na die Hel gevat. Hierdie is regtig nerve-racking en prentjie-mooi terselfdertyd met kort draaie. Dis seker nog die langste wat my fiets konstant in 1ste rat gery het. Maar dit is hierdie pas se geheim. Haak eerste en vergeet van konstant rem. Laat die fiets se engine jou terughou. Gou-gou was ons by die ingang na Die Hel. Ons was effe onseker oor waarheen maar het sommer gou op die bord by die ingang gesien waar ons moet wees.

DSC_0162 DSC_0161

Ons het die kaart een kyk gegee en besluit om almal ‘n rigting in te ry en bietjie te verken tot een van ons ‘n geskikte kampplek kry. Ons almal het op ‘n kol by een plek gedraai. Sak het die draai nie so lekker gemaak nie en daar lê sy fiets op sy sy. Hommel wil toe ook gaan inspeksie doen. En toe eindig hy so op.

IMG_7447 IMG_7444

Got a little Captain in you? Apparently het Sak en Hommel!

Spykerkuif het vir ons ‘n lekker beskutte plek gekry onder die bome. Ons het sommer gou afgelaai en besluit om eers na die winkel laer af in die Kloof te ry vir hout. Met die fietse afgepak het ons gou die winkel besoek en sommer 6 sakke hout gekoop. Terug by die kamp het ons begin tent opslaan en ons kooigoed regkry vir die aand se slaap. Met die omliggende berge gaan die son al vroeg onder en dit gee mens ‘n totale verwronge idee van tyd. Ons het sommer met die stopslag die ketels aan die kook gesit vir ‘n lekker koppie boeretroos. Met die tente se opslaan het Hommel soos die vorige dag vir ons groot plesier verskaf. Sien, die man praat bietjie met homself so in die opslaan en ons het nogal probeer om dit op kamera vas te vang.

IMG_7449 DSC_0168 DSC_0169 DSC_0170 DSC_0171 DSC_0167

20160430_170425 20160430_170427 20160430_170442 20160501_094534

Net voor ons kon vuur opsteek het vriende van Sak ook daar aangekom. Hulle het dieper in die Kloof oornag en net gestop om gou hallo te sê. Toe hulle weer wou ry wou Zanie se fiets nie start nie. Running start het nogal sports opgelewer.

 

Nie lank na dit nie het Spykerkuif gou die fiets uitmekaar gehad en multi-meter uitgehaal en begin lesings neem. Dit het nie goed gelyk nie. Ons het die fiets ge-jumpstart en sodra die kabel van die fiets afgehaal word het hy gevrek. Ons het die nuus oorgedra dat hy ‘n nuwe battery gaan nodig hê om op eie stoom die Hel weer te verlaat. Intussen het Wikkels begin vuur maak.

20160430_221250IMG_7451 DSC_0174 DSC_0175 DSC_0177

‘n Omie van ‘n staanplek langs ons het seker gehoor die hout sukkel om te brand en het oorgestap gekom om hulp aan te bied aangesien hy kameeldoring uit die Kaap saamgery het. Ons het ‘n vermoede hy wou vroeg gaan slaap. Wikkels het rustig die steakies gebraai, ons het die mushroomsous op die gasstofies warm gemaak en die manne het sommer ingelê saam met die pasta-slaai.

20160430_210329 20160430_212104

Koningskos!!

Ons het weggelê aan die kos en later so skuins voor 12 die bed gaan opsoek. Na ‘n goeie nagrus het ons nogal vroeg geroer. Almal het eers so uit hul tente lê en gesels met mekaar. Niemand was werklik lus vir opstaan nie. Die eerste manne het opgestaan en ons het so rus rus gaan stort en begin oppak. Ek moet Natuurbewaring ‘n groot pluimpie gee. Hulle geriewe is baie netjies en man was die warm stort lekker. Ons het opgepak en besluit om in die pad te val aangesien ons nie weet wat die dag mag inhou nie.

20160501_080846 20160501_080800 20160501_080812 20160501_080819 DSC_0192 DSC_0184 DSC_0187 DSC_0189 Ultimate_HDR_Camera_20160501_071805 Ultimate_HDR_Camera_20160501_071823

Die oggendlug was bitter mooi en in die berge het 2 troppe bobbejane met mekaar sit en redekawel. Daar was bewyse teen die deure by die badkamer dat hulle in die nag besoek kom aflê het. Die uittog het aansienlik gouer gegaan as die in-tog. Daar was redelik verkeer op die pad en ek kan soos ek hier sit en skryf, nou nog nie verstaan hoekom sommige dubbeldoel-motorfietsryers nie by die padreels hou nie. Almal het gekla oor manne wat aan die regterkant van die pad teen mal snelhede om blinde draaie kom. Sulke goed laat my gelyktydig yskoud en sommer my bloed ook kook. Ons het almal veilig die pad terug na die kruin van Swartberg pas bereik.

DSC_0211 DSC_0195 DSC_0198 DSC_0202 DSC_0203 DSC_0205 DSC_0206 DSC_0207 DSC_0209

Na ‘n fotosessie bo by die kruin is ons af teen die pas. Die voorstel was dat ons by Kobus se Gat stop vir ‘n koue verversinkie.

IMG_7460 IMG_7461 IMG_7462 DSC_0216 DSC_0214

Van hier het ons so stukkie teerpad gehad en vandaar die mooiste grondpad tot by Calitzdorp. Hierdie agterpaadjies is juweeltjies en word amper nooit deur die normale vakansie-reisiger verken nie. Op Calitzdorp het ons gou almal volgemaak. Van hier ry mens met die mooi Roete 62 en ek het voor gevat. Toe almal ge-regroup het, het ek die 1150 slag oopgetrek. En sommer van voor af verlief geraak op my fiets. Hy trek soos ‘n stoomtrein en hanteer soos ‘n go-kart! Deur die Huisrivierpas het ek begin om die ander te verloor. Ek het weer bietjie my spoed aangepas en die manne het almal so saam-saam afgedraai na Seweweekspoort. Ons het gery tot by die bord en eers afgeklim om effe te rus.

DSC_0222 DSC_0223 DSC_0224 DSC_0225 DSC_0219 DSC_0221

20160501_151106 20160501_151051

DSC_0228 DSC_0226 DSC_0227

Die horlosie het al knap na 3 gewys en ons het besluit om Seweweekspoort die volgende oggend te doen. Die manne was redelik dun om die middel aangesien ons nog nie eintlik middag-ete gehad het nie. Met die aankom in Ladismith sou ons net gou geld trek. Toe trek die Steers ons oege, en wat is dan nou lekkerder as ‘n Steers chippie??? Sit kaassous by en jy het ‘n wenner! 6 Steers Cheezy Chips. Hoekom, want ons is mos maklike mense. Na ‘n dag van niks eet nie was dit ‘n wenner. Met so ‘n kwart van die gaatjie gevul het ons koers gekies Koedoeskloof toe.

Dit was sommer ‘n lekker kort rit. Met die aankoms by Koedoeskloof het ons een of 2 BMW 1200’s bespeur en ‘n gros KLR’s. Eugene ook beter bekend as Veldbrand op Wilddogs forum het ons met die afklimslag kom welkom heet en ons het reguit koers gekry Dwarsbar toe vir ietsie vir die keel. Kaptein en Coke het soet gesmaak!

DSC_0234 DSC_0235 DSC_0236 DSC_0237

DSC_0238 DSC_0233 DSC_0241

Ou Koffietjie.

Halfpad deur die Kaptein het ek opgestaan en voorgestel dat ons ons slaapplek gaan regkry. Veldbrand het ons gewys waar ons kan kamp opslaan en kort voor lank staan die tente. Al wat ek kan sê. Pasop vir die sponsdoring. Van die manne het gou deur die stort gespring. Ons het met die tente opgeslaan weer afgesit Dwarsbar toe. Die Dwarsbar is bekend vir sy burgers, so wat anders kan ons dan nou eet as ‘n burger??

DSC_0232 DSC_0231 20160502_065429 20160501_180006 20160501_180017 20160501_180023 20160501_180118 20160501_180153 20160501_180205 20160502_065427(0)

Dubbel-en-dwars Burger met chips en ‘n bloukaas sous. TO-DIE-FOR!!! Die manne het omtrent weggelê aan die burgers.

DSC_0244  DSC_0242

Spykerkuif se hare was lanklaas so plat

DSC_0245

Met elke gaatjie in ons innerlike gevul het ons, ons beddens gaan opsoek. Die KLR manne het alreeds diep gesnork. Gedreun soos hulle fietse. Thumpers in die spreektaal of eensilinders.

Wikkels het die stort so net na 11 gaan uittoets en stomende warm water gevind. Ek het ook besluit om ‘n lekker warm stort te vat voor ek gaan oege rus. Ek het half ‘n onrustige nag gehad maar darem so tussendeur geslaap. Die oggend het die KLR manne vroeg al geroer. Ons wou ook vroeg wegkom aangesien ons ook ‘n redelike lang pad voor ons gehad het.

DSC_0253 DSC_0256 DSC_0250

KLR Clan se manne. ‘n lekker vriendelike span manne.

Die KLR manne is vol dinge en grappe en het een van hulle manne se clutch lever vasge-cabletie. Hy het dit eers agtergekom toe hy in volle kit op die fiets gesit het reg om weg te trek!

20160502_075716 20160502_075719

20160502_080028

Spykerkuif se maag was effe ongesteld die laaste 2 dae. Ons het ‘n meer komiese oomblik gehad toe ek hom vra of ek vir hom iets kan gee vir sy maag. Ek ry altyd ‘n Medic Kit saam en daar was Immodiums in. Spyker het gesê hy sal graag ‘n pilletjie wil hê. Ek deel hom toe mee dat dit setpille is. Daar was so oomblik van stilte en toe die antwoord: “Nee wat Swaerie, los dan maar eerder.” Ek kon my lag nie hou nie en het die ou maar gaan uithelp met 2 Immodiums.

DSC_0249

Hier oorhandig Callie die Putty-cup aan Spykerkuif.

Eugene het kom se hulle is reg vir ons en ons het ingeskuif vir ‘n ordentlike ontbyt.

20160502_081021 20160502_081053

Na ontbyt het ons gou ons rekeninge betaal en teruggery Ladismith toe. Weer volgemaak en koers gekies Seweweekspoort toe. Die vroee oggendlug was verfrissend en Seweweekspoort is bitter mooi. Ek en Spykerkuif het albei ‘n grot in die berg gesien en dit dadelik gesien vir die perfekte foto-geleentheid.

20160502_092152 20160502_092253 DSC_0265

Letterlik 2 draaie verder het die manne teen die pad gestaan. Ons het gestop en toe is die gala aan. ‘n Muskeljaatkat is ‘n dag of 2 terug raakgery en was al styf van Rigor Mortis. (No animals were harmed in the taking of photographs)

IMG_7489 IMG_7492 IMG_7493

Die klomp was weer in ‘n mal bui: Volgens hulle: ‘n Oomblik van Stilte vir Kat.

20160502_093322 20160502_093327 20160502_093354 20160502_093100 20160502_093114 20160502_093233 20160502_093310

IMG_7488

Deur die poort het die pad oopgemaak en gevloei soos ‘n teerpad. Ons het ‘n gemiddelde spoed van so 100-120km/h gehandhaaf op die grondpad. By die Ladismith afdraai het ons eers gestop.

DSC_0266 DSC_0267 DSC_0269

Van hier is ons Anysberg verby tot by die afdraai Montagu toe. Callievalliehyglynet het veral uitgesien na die afdraai aangesien daar ‘n uitgrawing is waar hy in die modder kan gaan speel.

 

DSC_0271 DSC_0274 DSC_0275

http://%5BURL=http://tinypic.com/m/jb2yis/1%5DView My Video[/URL]

Nou ja die fotos en die video vertel die storie! Callieglyniehyvalook het toe stukkie grond gekoop in die Karoo. Terwyl ons hier staan het daar nog 2 manne op 1200’s gestop. Een effe geset en die ander een ‘n maer frikkie met ‘n optrekneus. Hulle het so 3 woorde gesels en in die pad geval. Nie ver af in die pad nie  kom ons deur ‘n laagwaterdriffie en hier staan ‘n Golfie met Kaapse registrasienommer. Vrou klim uit en se hulle het gaan staan sonder petrol. Of ons nie kan pype gee sodat hulle petrol êrens kan kry nie, en toe vra sy of ons haar nie ‘n geleentheid kan gee na die volgende dorp nie. Nou vra ek myself af: Hoe gaan staan jy 20km buite die dorp sonder petrol as die volgende dorp 140km verder le?? Ons het haar gesê daar kom gereeld boere verby en sy sal sommer gou gehelp word en in die pad geval.

Ons het later by Eyerpoort eers weer bietjie gestop. Dis ‘n plaas wat die groep besit waarvoor Hommel werk. Sak was wyd vooruit en het teruggedraai en ons daar by die indraai kom kry. Spykerkuif het video gevat van Sak wat verbyry. Net verby ons draai die ou om en DOEF. Sit hy sy fiets al staande op sy sy neer.

Die 2 frikkies op die 1200’s het op ‘n kol teen die pad gestaan en die voorste manne in ons groep is by hulle verby. Nie lank na dit nie kom hulle weer die manne verby. Nou kyk, as jy hierdie man die hel in wil he, kom jaag by my verby op ‘n grondpad en gooi my voertuig onder klippe. Die maergat wipneus frikkie het glo die manne verbygegaan en toe hy net verby is oopgemaak en die manne onder klippe gegooi. Seker so 40km buite Montagu is ons die meer gesette een van die 2 verby. Omtrent al uit al sy biker klere. Hy het darem gewys hy is OK. Ons het Ouberg pas rustig gesak.

20160502_132739 20160502_132724 20160502_132736 20160502_132737

DSC_0284 DSC_0285 DSC_0283

Amper in Montagu staan die maer frikkie toe. Stop my nogal en vra. “Have you seen a guy on a red 1200??” Ek was toe reeds so effe kort van draad aangesien Philip gese het van die jannie wat hule so onder klippe gery het. My antwoord was as volg. Ja, het hom so 40km terug gesien. In mooi Afrikaans. Nou as ‘n mens se gesig ‘n vraagteken kan wees, was syne een. Voor hy nog verder ‘n woord kon se het ek sommer weggetrek.  As jy 40km vir jou pel wegry en julle is net 2? Dan moet jy sommer by die huis bly en obviously is julle vriendskap nie so heg nie.

Witvos het nader gestap aan 50000km op die klok. Ons stop by die padwerke was net voor 50000km. Witvos sou oorslaan net mooi in die middel van die pas in die middel van die padwerke.

DSC_0287 DSC_0288 DSC_0290

DSC_0291

Ek het besluit ek gaan hierdie foto nie mis nie. Sommer midde die padwerke afgetrek en gou die foto gekiek. Ek het sommer gou weer by die manne aangesluit waar hulle by die Stop/Go gewag het.

DSC_0295

Ou Sak het sommer afgeklim want hy skuld ons al die hele naweek ‘n grappie. Dis lekker om ‘n varkie te is, te is.

Die langnaweek het einde se kant toe gestaan en die karre het van die Kaap tot Kairo gestrek. En die padwerke het nie veel gehelp nie.

DSC_0301 DSC_0303 DSC_0298  DSC_0300

Toe ons uiteindelik uit Ashton is het ons maar so bietjie die pap aangemaak Robertson toe. Ons het gou vol petrol gemaak en sommer bande gepomp.  Snaaks genoeg was die manne lus vir Sushi by Bourbon Street. Seker 15min nadat ons gestop het, het ons ‘n kelnerin opgespoor. Spykerkuif het gesê hy gaan in die pad val Worcester toe want dit was Jeanne se verjaarsdag. Ons het gegroet en die Africa Twin het mooi musiek in die Hoofpad af gemaak.

DSC_0304 DSC_0305

20160502_144217

10min later het ons al die manager binne gaan vra of ons dalk iemand kan kry om ons te help. nog 5 min later het ons soos een man opgestaan en ons goed gevat en gery. Hommel het in styl op die agterwiel Mens kan nie kla oor die diens nie. Want daar is geen diens nie. By die Spur aangekom is ons ons tafel gewys. Sommer met die sitslag het ons besluit wat ons wil eet en drink. letterlik 5min later het die kelnerin ons drankies gebring. Sak het nog ‘n opmerking gemaak dat sy nie te lank met die kos moet maak nie. Haar antwoord: “Meneer julle kos is reeds klaar.” Nou magtag man, DIS MOS DIENS. So 10 uit 10 vir die Spur in Robertson.