Soms, net soms

Met 2016 se uurglasie wat vinnig besig is om uit te loop, het my OCD oorgevat en besluit there’s no time like the present.

Met Leeukop wat al ‘n jaar lank soos ‘n berg voor my lê – letterlik, was dit tyd om 2016 op gepaste wyse af te sluit. My voorneme vir 2017 is om beter en gesonder te begin leef en dan is dit mos goed as jy dadelik daad by die woord sit.

So het die besluit gekom om Leeukop te gaan uitklim die 31ste Desember. Na uitnodigings ens het die somtotaal van die geselskap uitgekom op Jani, haar dogter en ekself. Jani het al gestap so ek het ten minste n tourguide gehad wat weet waarheen ens. 

3:30 was ek al wakker en het maar traag opgestaan, gestort en toe gery, hulle opgetel en ons was net net voor 5:00 op die berg. Met ons aankoms was daar al ‘n hele paar karre van mense wat dieselfde idee as ons het. Met die opgaan kon ek al liggies hoog teen die berg op sien. 

This is it. 8 jaar in die Kaap en die eerste keer wat ek my voet op die berg sit. ‘n Skreiende skande! Moet net sê ek het al Tafelberg ‘n keer of wat gestap.

Nou kyk, ek is lekker onfiks, maar het darem so bietjie natuurlike fiksheid van my ouers geêrf. Die paadjie klim die eerste stukkie redelik maar dis gaanbaar.

Die uitsig is asemrowend. Daar is iets “magical” rondom ‘n sonsopkoms. Nog ‘n dag wat ons gespaar is, nog ‘n dag wat elkeen van ons op hierdie aarde geplaas is om êrens ‘n verskil te maak. 

Om te sien hoe die son die dag begin verlig en die donker verdryf het betekenis op so baie vlakke vir my. Op Kersdag het die dominee gesê dat die lig altyd die donker oorwin. Een enkele kers, verdryf die diepste donker, en so sien ons dit elke dag in die natuur, die son verdryf die donker. 

Elke dag as jy jou oë oopmaak, gee God jou ‘n tweede kans. Hy druk jou as’t ware ‘n kers in die hand, steek hom aan en stuur jou om die donker te gaan verdryf. Dalk jou eie donker, dalk iemand anders se donker. Feit van die saak bly staan, jy het die keuse of en hoe jy jou kers se lig gaan aanwend.

Mense noem Kaapstad nie verniet die Moederstad nie. Om wakker te word in een van die mooiste plekke in die wêreld is ‘n voorreg, en in 2017 gaan ek hierdie stad van my, verken. Te voet, te bus, te motorfiets.
Die beauty van die roete teen Leeukop uit is dat jy om die kop stap. Dus kry jy ‘n 360 view van die skiereiland en word bo beloon met ‘n 360° uitsig van als wat jy so stuk-stuk gesien het tot bo.

Die paadjie klim steil en op n punt moet jy besluit of jy die makliker roete gaan vat of die een waar jy lere en kettings gebruik, kortpad berguit. Jani het die langer roete gekies en dit was ‘n goeie keuse aangesien mens ‘n baie beter view het van die berg. Die laaste stukkie se klimmis redelik reguit op en steil. Die pay-off wanneer jy bo kom is elke voetval werd.

Teen Leeukop staan daar 3 groot bome. Dit was amazing hom hulle lwortelstelsels te sien. Die 3 bome wat daar in die skuinste groei was net vir my bewyse dat mens enige iets kan regkry as jy wil. As jy jou wortels reg anker en nederig is, is enige iets moontlik. Ek luister die laaste tyd al hoe meer Country musiek en Tim McGraw het ‘n puik liedjie gesing en die woorde was vir my treffend.

“Humble And Kind”
(written by Lori McKenna)

You know there’s a light that glows by the front door
Don’t forget the key’s under the mat
When childhood stars shine,
Always stay humble and kind

Go to church ‘cause your mamma says to
Visit grandpa every chance that you can
It won’t be wasted time
Always stay humble and kind

Hold the door, say “please”, say “thank you”
Don’t steal, don’t cheat, and don’t lie
I know you got mountains to climb
But always stay humble and kind
When the dreams you’re dreamin’ come to you
When the work you put in is realized
Let yourself feel the pride
But always stay humble and kind

Don’t expect a free ride from no one
Don’t hold a grudge or a chip and here’s why:
Bitterness keeps you from flyin’
Always stay humble and kind

Know the difference between sleeping with someone
And sleeping with someone you love
“I love you” ain’t no pick-up line
So always stay humble and kind

Hold the door, say “please”, say “thank you”
Don’t steal, don’t cheat, and don’t lie
I know you got mountains to climb
But always stay humble and kind
When those dreams you’re dreamin’ come to you
When the work you put in is realized
Let yourself feel the pride
But always stay humble and kind

When it’s hot, eat a root beer popsicle
Shut off the AC and roll the windows down
Let that summer sun shine
Always stay humble and kind

Don’t take for granted the love this life gives you
When you get where you’re going don’t forget turn back around
And help the next one in line
Always stay humble and kind

Soos ek reeds gesê het is die laaste stukkie se klim steil. En dan kom jy bo op hierdie plato en vir ‘n oomblik gaan staan die wêreld stil en jy drink die stilte en die mooiheid rondom jou in.

Leeukop gooi tot sy eie skadu in die see.

Die foto het my laat voel ek het die wêreld aan my voete, en dis eintlik waar want ‘n mens het. Dit gaan oor jou ingesteldheid. 

Soos ek nou hier sit en skryf, is dit 1 Januarie 2017. 2016 het ek afgesluit met’n “bang”. Letterlik.
Leeukop geklim en daarna Franskraal toe waar ek die vuurwerke op die strand gaan kyk het. Het ou-nag in die bed gekom en was alweer voor die son sy kop uitsteek wakker en sit nou rustig in Kleinbaai se hawe en kyk hoe die bote uitgaan.

Ek kry gereeld vrae oor hoekom ek so min slaap etc etc. My antwoord is altyd, I’ll sleep when I’m dead. En dis presies dit. Die lewe is te kort en ek gaan en wil elke denkbare minuut benut om ‘n vol lewe te lei.

Met die afkomslag was daar ‘n bankvrag mens van voor af oppad berg-uit. Vir my het dit gevoel of hulle die doel van die oefening mis. Maar elkeen stap met sy eie gedagtes en dinge in hul kop. Die afkom het ek so stukkie gedraf ook. En ek glo ek sal nogal addicted kan raak aan trailrunning as my knie hou. Leeukop is soos Tafelberg ‘n baken, mense van elke kleur, geur en taal stap die berg uit. Verbasend baie uitlanders.

Met die afkom het daar ‘n paartjie gestap, ‘n baie steiler roete, gelaai met groot sakke, slaapsakke etc. Die paartjie was as ek moet skat, al diep in hulle 60 meer nader aan 70, en hulle het geoefen. Op ‘n stadium het die vrou swaargekry, die man het gestop, haar slaapsak gevat en om sy skouers gehang en haar drag ligter gemaak sodat hulle verder kan stap. Wat ‘n mooi gebaar. Net soos ons soms iemand nodig het om ons drag ligter te maak soms, moet ons ook soms hande uitsteek en iemand anders se drag ligter maak. 
Ek het myself voorgeneem om in 2017 meer te leef. Gaan klim daai blerrie berg, gaan stap daai roete, koop daardie motorfiets en gaan verken. Daar word gereeld vir my gesê ek is gebore met wiele onder my gat, maar wat gaan jy onthou as jy die dag die takhaar deurgaan en onder die langbome lê? Wat gaan mense van jou onthou?

Vat die lewe so effe stadiger, en kyk mooi. Jy mis dalk die mooiste deel van jou reis.
Hopelik dat ek geleef het. Ontdek het, en ek hoop dat ek hierdie selfde wanderlust in my dogter kan inprent.

2017 begin ek met ‘n nuwe pos, nuwe uitdagings en nuwe drome. Gaan dit harde werk kos? Verseker, maar, ek gaan fun hê terwyl ek dit doen.

Matewis oor en uit